Categories: NewsPublished On: 14th June 2011

Volhoubaarheid-versterk-boere

By 3 min read

Volhoubaarheid is nie een of ander beperkende voorwaarde vir die varsproduktebedryf nie. Dit moet eerder as ‘n wapen in die hand beskou word. By die jaarlikse allFresh!-konferensie gaan kundiges aan boere en ander rolspelers in die bedryf verduidelik hoe volhoubaarheid gebruik kan word om uitdagings in die varsproduktebedryf te bowe te kom.

Volgens die organiseerders het marknavorsing getoon dat die begrip, volhoubaarheid, nie baie goed verstaan word nie en dat dit rolspelers ‘n bietjie moedeloos maak. By die allFresh!!-konferensie op 26 & 27 Oktober by Sun City gaan ‘n groep kundige sprekers en werkswinkelleiers verduidelik hoe hierdie wapen ingespan kan word.

Die Instituut vir Markagente (IMASA) sal optree as fasiliteerder vir die wegbreeksessies oor die plaaslike markte. Michael Cordes, die hoofbestuurder van IMASA, sê die sessies sal gebruik word om die volhoubaarheid van markte in ‘n veranderende wêreld te bespreek.  

Leiers in die varsproduktebedryf sal hulle menings oor sake uitspreek. Die leiers sluit in Jaco Oosthuizen (besturende direkteur RSA, Johannesburgmark), Rob Lowe (hoofuitvoerendebeampte, Kaapstadmark), Clive Garret (bemarkingsbestuurder, ZZ2), dr Kobus Nieuwenhuis (Chemies: ASPIRATA), Mark du Plessis (hoofuitvoerendebeampte, Aartappels SA), Andre Young en Johannes Tsotetsi (SA Unie van Varsproduktemarkte) en Deon van Zyl (President, IMASA).

Daar sal baie aandag gegee word aan die uniekheid van die Suid-Afrikaanse markte. Volgens mnr Cordes word daar tans ook diepgaande ondersoeke na die markte gedoen en ‘n paar verreikende voorstelle is al aan die minister van landbou voorgelê. Na verwagting sal daar heelwat debatte oor hierdie sake in die sessies gehou word.  

IMASA het die hoop uitgespreek dat alle boere wat groente en vrugte verbou by die konferensie sal wees. Ander rolspelers sluit politici, markbestuurders, markagente en reguleringsliggame in.  

Die sessie oor plaaslike markte het drie doelwitte: eerstens om ‘n positiewe boodskap oor die rol wat markte in landbou speel uit te dra, tweedens om debatvoering oor markte te stimuleer sodat mense ingeligte besluit kan neem en laastens om die belangrike rol van markagente te bespreek en ou misverstande uit die weg te ruim.

Volg gerus die allFresh!!-skakel op ProAgri se webwerf om meer inligting oor die konferensieprogram, die koste en registrasievorms te kry. Om ‘n gereelde nuusbrief te ontvang, stuur ‘n e-pos na Carien by carien@buzztzn.co.za.

Nog stories oor AllFresh!:

Kollig op die uitvoer van vars produkte
Die uitvoer van groente en vrugte is een van die belangrike onderwerpe wat op die allFresh!-konferensie op 26 en 27 Oktober by Sun City bespreek gaan word. Stuart Symington, die Uitvoerende Hoof van die Fresh Produce Exporter’s Forum, is die seremoniemeester vir allFresh! 2011.
Boer volhoubaar met groente en vrugte
allFresh! is Suid Afrika se twee-dag varsprodukte konferensie met algemene en bedryfspesifieke sessies, ‘n bedryfsgeoriënteerde ekspo wat die nuutste ontwikkelings bekendstel, en geleenthede vir borgskappe. Hierdie jaar vind die konferensie plaas by Sun City op 26 en 27 Oktober.
Varsprodukte: Red die wêreld met volhoubaarheid
Produksieruimte, vars drinkwater en energiebronne word wêreldwyd al hoe skaarser, maar mense wat wil eet en drink – en die afval waarmee hulle die aarde belas – word al hoe meer.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment