Categories: NewsPublished On: 6th October 2011

Volgende-toer-na-Georgië-vir-November-beplan

By 1 min read
TLU SA en die Georgiese regering bied in November weer ’n toer vir boere na Georgië aan.
  
Tydens die toer sal daar besoek afgelê word by die Suid-Afrikaanse boere wat vroeër vanjaar daar gaan boer het en reeds oeste behaal het.
 
Boere wat wil saamgaan hulle eie vliegtuigkaartjies, hotelverblyf en etes  betaal.  
 
In aanloop tot dié toer sal ‘n groep joernaliste uit Suid-Afrika as gaste van die Georgiese regering saam met TLU SA op ‘n feitesending daarheen vertrek. Die media behoort dus van November af oor die boerdery-, investering- en toerisme-moontlikhede in Georgië te rapporteer.
 
Vir navrae en besprekings kan met Bennie van Zyl geskakel word. Sy e-pos-adres is bennievz@gmail.com en telefoonnommer is 082-466-470.   
 
Geen visums word vir ‘n besoek aan Georgië benodig nie.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0