Categories: NewsPublished On: 8th July 2010

Voermol-Premix-450:-Die-tydlose-waarde-vir-geld-winterlek-vir-beeste

By 3 min read

Voermol Premix 450 (V4676) is ’n ou bekende in die Voermolstal

Die afgelope winters is verskeie onafhanklike proewe op strawwe winterveld gedoen om Premix 450 te toets en waar moontlik, te verbeter. Die praktykproewe se resultate bewys dat Premix 450 van die mees koste-doeltreffende winterlekke vir beeste is.

Die afgelope somer is gekenmerk deur goeie reëns met goeie veldproduksie in die meeste distrikte van die somerreënvalgebied.

Die veld se voedingswaarde het egter vinnig gedaal en daarmee saam die smaaklikheid en inname van winterveldweiding. Premix 450 is by uitstek geskik om voedingstekorte in winterveld aan te vul en massaverlies by beeste te beperk.

Premix 450 is ’n onderhouds­lek wat proteïne en spoor­elemente aanvul om mikro-organismes in die grootpens te stimuleer ten einde vertering van droë winterweiding te verbeter.

Proteïne in die lek is gekonsentreerd en net die noodsaaklike elemente word aangevul om dit ’n koste-doeltreffende aanvulling te maak.

Die melasse in Premix 450 het baie voordele soos om energie vir doeltreffende stikstofbenutting in die lek te voorsien, voorkoming van droëgalsiekte, om smaaklikheid te verbeter wat goeie lekinname verseker, en om lekverliese as gevolg van uitdroging en wegwaai te voorkom.

Dit is egter op plaasvlak waar Premix 450 hom herhaaldelik bewys as een van die beste winterlekke om vir beeste te gebruik. Talle boere gebruik Premix 450 met groot welslae in hulle beesboerderye.

Mnr Carl Durow van die CF Durow-trust by Clocolan hou by sy jarelange wenresep met Premix 450. Mnr Durow was ook die Nasionale Beesboer van die Jaar en in sy wenjaar, was sy gemiddelde speenpersentasie 95,5% (speenpersentasie is kalwers gespeen per koeie gedek).

Sy bestuurspraktyke, wat strategiese lekaanvulling insluit, is sterk gefokus om ’n hoë reproduksiesyfer in sy kudde te verseker. Bestuur van eerstekalfverse, dit wil sê verse wat die eerste keer gekalf het, is ’n hoë prio­riteit en hierdie groep diere se speenpersentasie met hulle tweede kalwing was 96,8% met ’n gemiddelde speengewig van 238 kg.

Die Bester-broers van Vrede gebruik ook Premix 450 as winterlek. In ’n kommersiële kudde van meer as
1 000 teelkoeie, behaal hulle telkens ’n speenpersentasie van meer as 90%. In 2007 was die Bester-­broers een van die finaliste van die Nasionale Beesboer van die Jaar-kompetisie met ’n gemiddelde speenpersentasie van 93,8%.

Voermol Premix 450 kan ongemeng as ’n winteronderhoudslek gevoer word teen ’n inname van 400 tot 600 g/bees/dag. Dit kan ook in gelyke dele met graan gemeng word as ’n produksielek. Vir laatdragtige en lakterende vleisbeeskoeie en jong groeiende diere is die mengverhouding van die produksielek soos volg:

                                                  Kg
 Voermol Premix 450            500
 Graanmeel                             500
 Voermol Rumevite 12P
  (V11994)                                50
 Totaal:                                     1 050

Die aanbevole inname van die produksielek is 1,5 tot 1,7 kg/koei/dag. Met die huidige hoë graanpryse is dit kostedoeltreffend om die helfte van die graan in produksielekke met Voermol Melassemeel (V1995) te vervang.

 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0