Categories: NewsPublished On: 1st February 2011

Voermaak-vir-die-winter:-Rek-die-reëntyd-regoor-die-jaar

By 4 min read
Valtrac bied alles wat die boer vir voermaak nodig het – van grondvoorbereidings-toerusting en planters tot die ruim maar ratse Faresin Leader-selfloopvoermenger met sy kuilvoeruithaalslurp.

Ronde, blinkvet beeste heupdiep in die malse groen gras – dis ’n prentjie wat elke boer se hart warm maak.

Maar wat van die winter wat reeds begin nadersluip? Hoe gaan jou diere dan lyk? Knoppering en knieserig met beskuldigende, honger oë? Nie as jy nou die voordeel van die goeie reën se oorvloedtyd benut om voorsiening vir die maer maande te maak nie – en daarmee help Valtrac, die boer se voerbroer, jou met die beste toerusing om hooi en kuilvoer te maak.
 
Jy hoef nie eers elders te gaan sukkel nie – Valtrac bied jou die volledige reekstoerusting wat jy nodig het om die beste voer te produseer: van die grondbewerkingstoerusting en trekkers en misen kunsmisstrooiers en planters wat jy nodig het om dit te vestig, tot die spuite om dit teen peste te verdedig en die masjinerie wat nodig is om dit te sny, te kneus, te hark, te belug, te kerf, te baal of in te kuil en die mengers om dit te meng en vir die vee te voer.
 

Mooi hooi verg snelle, presiese snywerk soos net Valtrac se reeks Pöttinger-snyers kan doen.

Al hierdie werktuie is met die hand uitgesoek om Suid-Afrika se boere se behoeftes presies te pas, om jare en jare se moeite- en probleemvrye diens te gee, en word boonop landwyd gerugsteun deur Valtrac se legendariese naverkoopdiens.
 
Maak heerlike hooi
 
Hooimaak is heerlik as jy die regte toerusting het. En wie anders as Valtrac staan gereed met sulke skitterende masjinerie soos:
  • Pöttinger-snyers en snyerkneusers waarmee jy met spoed en vertroue ’n voerland kan aandurf.
  • Pöttinger-kragharke waarmee jy jou snysel in netjiese windrye bymekaarmaak sonder om ’n halmpie verlore te laat gaan.
  • Pöttinger-belugters waarmee jy ’n natgeworde snysel vinnig en flink kan omdraai sodat dit gou-gou droog genoeg is om te baal.
  • Nogueira-balers wat materiaal vinnig en volledig optel en in ferm, stewige bale saampers sodat al die voedingskrag vasgevang word en baie lank bewaar bly (lees daaroor meer hiernaas).
Die ruim pens van Valtrac se Pöttinger-kuilvoerkerwerwa hou 25 kubieke meter styf saamgeperste kuilvoermateriaal, wat hy netjies met sy kettingvloer aflaai.
Met al hierdie staatmaker-Valtractoerusting is dit pure plesier om jou hooi in ’n japtrap in netjiese bale weg te bêre om die winter se angel uit te pluk. Praat met Valtrac oor hooimaak – jou diere sal dankbaar wees.
 
Eerste keuse vir kuilvoer
 
Kuilvoer is koningskos, maar net as jy daarin slaag om dit te maak binne die beperkte tyd wanneer die voggehalte presies reg is. Daar is geen tyd om te mors met masjiene wat breek en staan nie. Dis hoekom Valtrac sy boere net die beste, betroubaarste, hardwerkendste kuilvoerkerwers bied.
 
Vir kleiner boerderye of groot boerderye wat meer as een kerwer gebruik, is die Nogueira Pecus II 9004- eenrykuilvoerkerwer net die ding. Hy sny so 20 tot 30 ton per uur en jy kan sy snitlengte op 5, 7, 10 en 14 mm verstel.
 
Plant jy kuilvoermielies of voersorghum teen ’n digter stand of onder besproeiing, is die Nogueira Cat 1200 ry-onafhanklike kuilvoerkerwer jou antwoord. Jy kan met hom van enige kant af in ’n land indons en hoe geiler die plantestand hoe lekkerder werk hy. Die 1200 beteken sy sirkelsaagsnystelsel sny 1,2 meter wyd om so 30 tot 36 ton kuilvoer per uur te sny en te kerf in enige van agt lengtes tussen 4 en 17 mm.
 
Om baie vinnig genoeg kuilvoer vir sewe maer jare te maak, is Valtrac se Kemper Champion C3000, gemonteer aan ’n Valtra TwinTrac-trekker, jou droom. Hy vreet ’n pad van 3 meter wyd deur die digste plantestand (daar’s kleiner modelle ook) om so 55 ton kuilvoer per uur te maak. Jy kan kies tussen 12 snitlengtes van 4,3 tot 33 mm en hy breek ook die mieliepitte om voedingswaarde te verseker.
 
Valtrac se gedugte Jeantil-wipwaens ry 10 ton of 25 kubieke meter materiaal op ’n slag uit die land en kan die res van die jaar vir ’n magdom ander take
gebruik word.
 
Vir kuilvoer van kleingraan, gras en peulgewasse, is Valtrac se Pöttingerkuilvoerkerwerwa nommerpas. Hy tel materiaal noukeurig op, kerf dit na smaak en stop dit styf in sy ruim pens om van 35 tot 66 kubieke meter materiaal (21 ton) op ’n slag na die kuilvoerput te ry, waar hy dit met sy kettingvloer en aflaairotors aflaai. Een so ’n kuilvoerwa verg een man en 118 kW trekkerkrag teenoor ’n selfloopkerwer en aanrywaens se 5 werkers en 712 kW!
 
Onthou net: Die beste masjien op aarde help niks as jy nie ’n kragtige, betroubare, ekonomiese trekker het om hom aan te dryf nie. Maak dus seker dis ’n Valtra wat voor vat.
 
Vir meer inligting oor Valtrac se eersteklas trekkers, hooimaaktoerusting en kuilvoerwerktuie, praat met Hennie du Toit by 056-817-7308. Hy sal sorg dat boerdery vir jou lekker is.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment