Categories: NewsPublished On: 14th July 2010

Voermaak is maklik en lonend met Southtrade

By 3 min read
584 words

Robuust, betroubaar en gebruikersvriendelik. Dit is hoe boere Southtrade se voermaakwerktuie ondervind.

Net noord van Kookhuis boer Petri Snyman met vleisbeeste, boerbokke en wild.

Voer speel ’n belangrike rol in die boerdery. Daarom produseer Petri en sy boerderybestuurder, Henk Lombard, genoeg voer vir eie gebruik, ’n reserwe wat as versekering teen moeilike tye dien en ’n goeie klompie om aan ander boere te verkoop.

Maar voer is net so goed en net so lonend as wat jou toerusting jou toelaat om dit te maak. Daarom is Petri en Henk baie kieskeurig wanneer hulle op werktuie besluit – en daarom het hulle ’n Feraboli-baalmasjien by Southtrade gekoop.

Volgens Henk was hulle baie katvoet in die besluit want hulle wou hulle met niks minder as die beste laat tevrede stel nie. “Petri is ’n man wat deeglik huiswerk doen om te verseker dat hy waarde vir geld kry en hy weet al dat hy net die beste diens by Southtrade kry,” vertel hy.

Nadat hulle deeglik rondgekyk het wat die mark bied, het hulle die Feraboli bestel – en hulle was nog nie ’n enkele oomblik spyt nie.

“Hy baal presies soos ons wil hê ’n baler moet baal,” sê Henk, “en as die tyd kom, sal ons nie huiwer om weer ’n Feraboli te koop nie.”

Wat Henk die meeste beïndruk, is die eenvoud van die Feraboli. “Daar is geen tierlantyntjies nie. Hy is eenvoudig ontwerp en eenvoudig om te gebruik. Selfs vir die onderhoudwer­kies is daar plakkertjies op die masjien wat jou duidelik wys wat om te doen. Dis maar ratte en kettings olie, ’n paar ghriespunte en ’n bietjie skoonmaak, wat min tyd en moeite verg.”

Henk-hulle baal ook om die deel vir ander boere. Dit is maklik om die Feraboli agter die bakkie te sleep tot waar hy nodig is en hy lig nie eers ’n wenkbrou vir moeilike materiaal soos mieliereste nie. En ook geen wonder nie, want Feraboli het darem al 110 jaar ervaring in die ontwerp en vervaardiging van staatmaker-landbouwerktuie agter sy naam.

Sny snel, sekuur en skoon met Marangon

Southtrade is ook die verskaffers van die gedugte Marangon-tolsnyer wat ligvoets oor die land swiep om selfs oor moeilike terrein enige gewas skoon en netjies te sny.

Sy smeestaal-snylemme hou sowat drie keer langer as gewone lemme.

Sy disselboom is so ontwerp dat jy so kort as wat jy wil regs kan krink om selfs die gedagte aan ’n terug­stotery of oorge­slaande materiaal uit te skakel.

As jy daarop aandring om ’n klip of ’n stuk yster te probeer sny, kan jy die skade aan die betrokke module gou herstel sonder om die hele snyerstaaf af te takel.

Ook die Marangon se kneuserroller wat waarde tot gewasse soos lusern toevoeg, bestaan uit segmente sodat jy nie die hele roller hoef te vervang as jy op een of ander manier regkry om hom te beskadig nie.

En die beste nuus van alles is natuurlik dat hierdie produkte verskaf word deur Southtrade, wat ’n wye reeks landboutoerusting en lewendige diens aan die boer verskaf deur ’n wakker netwerk van takke en handelaars regoor die land.

Vir meer inligting oor hierdie en enige ander landbouwerktuie in die boonste klas, en om te hoor wie jou naaste handelaar is, skakel Danie Degenaar by 021-981-6044 of e-pos southtrd@iafrica.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0