Categories: NewsPublished On: 8th July 2010

Voer jou enjin net die beste: Shell Diesel Extra!

By 2 min read
312 words

’n Atleet, ’n resiesperd, ’n trekker, ’n stroper en ’n vragmotor het een ding in gemeen: Hoe beter die kos, hoe beter die prestasie en hoe langer die uithouvermoë.

As diesel kos was, sou geen enjin ooit iets anders bestel het nie as Shell Diesel Extra, die diesel wat soveel meer bied teen net dieselfde prys as gewone diesel.

Sommer van die eerste sluk Shell Diesel Extra af begin jou enjin al beter voel en beter presteer.

Kyk net: Gewone brandstof laat gaandeweg neerslae in jou enjin se ontbrandings­kamers en op inspuiters vorm wat inspuiting belemmer en lei tot swakker werkverrigting.

Met sulke verstopte inspui­ters en belemmerde inspui­ting gebruik jou enjin meer brandstof om dieselfde krag te lewer en werk te doen.

Maar Shell Diesel Extra is ’n brandstof van ’n rein gehalte wat boonop ’n gevorderde skoonmaakmiddel bevat. Sommer van die eerste tenk af begin Shell Diesel Extra jou enjin se innerlike skoonmaak sodat hy algaande al hoe beter, sterker en brandstofdoeltreffender loop.

Daar waar Shell Diesel Extra skoongemaak het, vorm hy boonop ’n beskermende lagie om latere aanpaksels te voorkom.

Asof dit nie genoeg voordeel vir die boer is nie, bevat Shell Diesel Extra ook middels wat die brandstofstelsel teen wegvreting en roes beskerm.

Shell Diesel Extra maak dus reg wat gewone diesel verbrou het en laat jou enjin langer hou en beter werk.

Wat boere voorts baie bly sal maak, is die feit dat Shell Diesel Extra veel minder skuim as gewone diesel en daarom kan jy jou tenk vinniger en deegliker volmaak sonder om ’n druppel te mors. In plant- en strooptyd, wanneer die boer teen tyd werk, kan hierdie eienskap ’n belangrike verskil maak.

Vir meer inligting oor Shell Diesel Extra, praat met Hendrik Ungerer by 082-809-2853.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0