Categories: NewsPublished On: 30th November 2011

VN-oor-plaasmoorde-ingelig

By 1 min read
Die burgerregte-organisasie AfriForum het in sy spreekbeurt by die Verenigde Nasies Menseregteraad se konferensie oor minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, ʼn beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om die krisisafmetings wat plaasmoorde in Suid-Afrika aanneem, ten sterkste te veroordeel.
 
Mnr Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het tydens die geleentheid eksemplare van die Engelse weergawe van die boek Treurgrond, wat handel oor plaasaanvalle in Suid-Afrika, aan die sekretariaat van die VN se Menseregteraad en ander prominente internasionale rolspelers oorhandig. 
 
AfriForum het afgevaardigdes ingelig dat plaasmoorde in Suid-Afrika krisisafmetings aanneem en dat die ANC nogtans voortgaan om die gebruik van die slagspreuk ‘Skiet die Boer’ te probeer verdedig. “Terwyl die ANC aanvoer die slagspreuk moet nie letterlik opgeneem word nie, word boere, vroue en kinders letterlik op plase vermoor,” het mnr Kriel gesê.
 
Volgens mnr Kriel is dit tyd dat die regerende party in Suid-Afrika verantwoording aan die internasionale gemeenskap moet doen oor sy verdediging van haatspraak teenoor boere, terwyl tientalle boere jaarliks vermoor word.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment