Categories: NewsPublished On: 2nd March 2011

Vloedhulp ook vir boere

By 1 min read

 Die Nywerheidsontwikkelingskoöperasie gaan R750 miljoen aan boere wat deur die vloede en droogtes geraak is, beskikbaar stel. Mnr Rian Coetzee, hoof van landbou by die NOK  sê baie boere is deur die uiterste weertoestande geraak en het dringende finansiële ondersteuning nodig.

Hy het gesê aansoeke sal oorweeg word van boere wat regstreeks geraak is deur die vloede en droogtes.
 
“Finansiering kan slegs gebruik word om die vervanging of herstel van nie-versekerde infrastruktuur te finansier,” het mnr Coetzee gesê. “Dit kan ook gebruik word as noodgeval- werkende kapitaal wat verdere verliese op landboubedrywighede kan vermy.”
 
Sowat R250 miljoen van die finansiering sal gebruik word vir primêre landbou. Die ander R500 miljoen is vir landbouverwerkingsmaatskappye.
 
Maatskappye het tot 1 Februarie 2012 kans om aansoek te doen vir vloed- en droogteverligting. Finansiering sal beperk wees tot R25 miljoen per transaksie, en is terugbetaalbaar oor 10 jaar. – Sapa
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0