Categories: NewsPublished On: 18th October 2012

Vlakte Bonsmara studiegroep doen dit reg

By 1 min read
208 words

Vlakte Bonsmara studiegroep se onlangse veiling was ‘n reuse sukses. Te oordeel aan die kwaliteit diere wat te koop aangebied is.

Die 3de Vlakte Bonsmara Studiegroep bulveiling is op Vrydag, 12 Oktober 2012, in die Roedtan Veilingskrale aangebied. 24 top Bonsmarastoetbulle is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R41 145.83. Die duurste bul van mnr Kobus du Toit, WAT 07 0077, word vir R62 000 aan mnr Fritz Kroon verkoop.  Andries Kruger van Kameeldoring Bonsmara se  bul, KBS 10 0031 behaal R60 000.  Die koper was mnr Thinus Maritz van Groendraai Bonsmaras, Vaalwater.

Te oordeel aan die kwaliteit vroulike diere is die studiegroep op die regte pad. Slegs streng gekeurde kommersiële diere is aangebied. 77 Koeie en kalwers behaal ‘n gemiddeld van R11607.18.  Die hoogste prys van R14 500 word behaal vir diere van mnr  Andries Kruger. Mnr Andries Kruger behaal ook die hoogste prys van R9000 vir  sy dragtige koei. Harlou Familie Trust se dragtige verse behaal R9 500, die hoogste op die dag met die gemiddeld vir dragtige verse R9 225.93.

Die veiling is deur Vleissentraal Bosveld aangebied en Mike Killassy was die afslaer.

Hierdie is die duurste bul van Kobus du Toit (WAT 07 0077) wat vir R62 000 aan Fritz Kroon verkoop is.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0