Categories: NewsPublished On: 6th July 2010

Vitamech se MacDon platsnyer: Voorste tegnologie verminder risiko en verhoog wins

By 4 min read

Net die beste tegnologie is goed genoeg vir vandag se boer wat reusagtige uitdagings moet oorkom om vooruit te boer.

Daarom kies kundige boere soos Heinrich Schönfeldt van Heuningneskloof naby Caledon net die beste werktuie – soos Vitamech se MacDon-selfloopplatsnyer.

Heinrich boer met koring, gars, kanola en hawer en hierdie is produkte wat almal in die Overberg platgesny moet word voordat dit gestroop word.

In dié streek waai die wind die pitte uit koringare en kanolapeule uit en breek gars se are af. Daarom moet jy inspring en platsny voordat die gewasse ryp word.

’n Ander, dalk belangriker, rede vir platsny is dat die graan in hierdie golwende gebied teen die warm noordelike hange heelwat gouer ryp word as dié teen die suidelike hange. As jy nou die hele oes platsny wanneer die eerste dele volwasse maar nog nie ryp is nie, kan jy tien tot veertien dae vroeër oes.

Dit verminder die risiko, veral met gars waar ’n graadverskil jou tot R500 per ton kan kos.

Dit is te verstane dat platsny ’n belangrike taak is wat flink en tydig afgehandel moet word en daarvoor het ’n man net die beste, betroubaarste masjinerie nodig. Dis hoekom Heinrich MacDon, gerugsteun deur Vitamech se toegewyde diens, gebruik.

As al die graan gelyk ryp word, moet jy vinnig by lande kan uitkom en vinnig kan sny. Heinrich se MacDon M150 draf 37 kmu op die pad en sny teen 18 kmu teenoor die 4 kmu van ’n sleepsnyer. Selfs teen hierdie spoed sny hy halms netjies af, pak die materiaal netjies op die vervoerband en laai dit in netjiese windrye af.

Op Heuningneskloof moet ’n platsnyer groenerige plante selfs in die nag kan sny wanneer hulle nat en taai is. ’n Gewone platsnyer trek of knyp sulke materiaal en dan wil dit nie op die seile be­weeg nie. Die MacDon sny dit sonder probleme omdat sy snymesse meer gevorderd is. Hy pas ook self sy seile en messe se spoed by jou ryspoed aan.

Dit beteken dat een MacDon dag en nag kan werk en dus net soveel werk kan doen as twee gewone platsnyers wat nie in die nag kan werk nie. Dís nou besparing in hoogste versnelling!

’n Verdere rede waarom Heinrich hierdie platsyer verkies, is omdat hy sterk genoeg is om die hellings lag-lag baas te raak en terselfdertyd 12,2 meter wyd te sny om die volle kapasiteit van ’n groot stroper te kan benut. Met dié krag kan jy natuurlik ’n kneuser bysit om hooi te maak.

Met die magdom materiaal wat hy hanteer, is dit belang­rik dat die platsnyer hoog genoeg moet loop sodat sy pens nie weer sy windrye deurmekaar krap nie. Die MacDon se pens loop 1 160 mm bo die grond.

Boonop is die MacDon se wiele lekker wyd uitmekaar sodat daar geen gevaar van omkantel teen die hellings is nie, en hy beheer sy snytafel hidroulies sodat hy nie teen hellings met een punt in die grond en die ander in die lug probeer loop soos sommige gewone platsnyers soms die gewoonte het om te doen nie.

Dit is baie maklik om met die MacDon te werk omdat hy so logies en verstaanbaar is en omdat hy al die moeilike dinge self doen. Heinrich het twee operateurs wat nog nooit platgesny het nie binne twee uur opgelei toe werk hulle soos veterane.

Al hierdie voortreflikheid en nog meer bied die MacDon jou teen ’n bekostigbare pryse en teen ’n lae loop- en onderhoudskoste.

As jy ’n nóg groter platsnyer nodig het is die MacDon M200 jou keuse, of as jy die kleiner boetie verkies, die M100.

MacDon is op die oomblik die beste platsnyer wat geld kan koop, sê Heinrich. “Hy doen regtig alles wat hulle sê en sny baie beter as enigiets anders. Ek is met alles van my MacDon-snyers tevrede – daar is niks waarmee ek ontevrede is nie.”

Platsny kan vir jou ook volkome tevredenheid inhou. Praat met Marius Tolmay van Vitamech by 083-581-5709.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment