Categories: NewsPublished On: 12th July 2010

Vitamech-maak-dit-maklik:-Trek-bone-sonder-trane

By 2 min read

Bonetrek is rugbreekwerk wat ’n hoë prys verg aan tyd, manne­krag, geduld en geld.

Daarom is boere so bly oor Vitamech se diepsnystro­pertafel, die MacDon FD 70, wat die hele bonetrekproses uitskakel en jou bone in een felle slag stroop.

Maar ongelukkig is daar steeds sommige bewer­king- en plantmetodes wat ’n land so vol walle los dat nie eers ’n MacDon-stropertafel bone daar sal kan stroop nie.

Maar ook vir hierdie boere het Vitamech goeie nuus: Hierdie slim masjien word voor aan die trekker gemonteer, want ’n trekker kan aansienlike skade aanrig as hy voor jou bone-uithaler met sy growwe pote in jou land trap.

Twee supersterk veerstaalstawe doen die werk: Die eerste een se draaibewe­ging onder die grond lig die boneplant met sy vlak wortelstelsel na die oppervlak.

Die tweede staaf skud die grond sagkens maar deeglik van die wortels af.

Daarna tel die opteller se vaardige vingers die plante flink op en plaas hulle op ’n vervoerband wat hulle in netjiese windrye pak en siedaar – jou hele bone-oes is gereed vir die stroper.

Hierdie proses geskied teen 6 tot 8 kilometer per uur, wat beteken dat jy nie ’n ewigheid daaraan hoef te spandeer nie.

As jy die Pickett op 250 hektaar gebruik, betaal jy hom binne twee seisoene met die geld wat jy aan hande-arbeid sou betaal het en daarna maak hy vir jou pure wins.

Maar bekyk hierdie eenstapwerktuig van naderby en jy sal sien dat dit nie is waar sy voordele ophou nie: Ou bonetrekmasjiene se uithaalstawe het teen kragaftakkerspoed van 540 opm gedraai en in die proses ’n magdom grond opgeskiet wat in jou windrye beland het.

Enige boer weet dat ’n stroper nie eintlik ontwerp is vir die hantering van grond nie en daarom het Pickett op die blink gedagte gekom om sy stawe met ’n hidrouliese motor aan te dryf teen ’n spoed van 50 tot 80 opm.

Dit haal die bone steeds honderd persent doeltreffend uit, maar nou hoef die stroper nie meer grond ook te probeer skei nie, wat ’n veel doeltreffender stroopproses en ’n veel langer stroperlewe verseker.

Die Pickett is beskikbaar in modelle vanaf 4-rye  762 mm (30 duim) uitmekaar tot 8 rye 915 mm (36 duim) uitmekaar.

Vir ’n tipiese model van 6 rye 915 mm uitmekaar het jy ’n trekker van 130 kW nodig.

Verdere goeie nuus is dat Vitamech se 160 onderdelehandelaars en 40 werktuig­handelaars regoor die land gereed staan om jou diens te bied waar jy ook al boer.

Vir meer inligting, skakel Marius Tolmay by 083-581-5709 of 021-907-8000 of e-pos na marius@vitamech.co.za.
 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment