Visio 200-skotteleg: Haal waarde uit die aarde!
Die goeie aarde maak sy skatkis mildelik oop vir die verstandige boer wat sy grond reg bewerk.
So ’n verstandige boer is Willem de Klerk van die plaas, Ben Derag (klein bergie) knap anderkant Ugie in die Oos-Kaap.
Die bewys lê in die groei en opbrengs. Willem de Klerk van Ben Derag by Ugie is ingenome met die doeltreffendheid en tyd- en dieselbesparing wat Jupidex se Kverneland Visio 200-skotteleg verseker, maar ook met die perfekte saadbed wat hy skep om elke pit die kans te gee om ten beste te presteer. |
Die De Klerks boer met mielies, aartappels en Simbra-beeste en hulle sleutel tot suksesvolle akkerbou is doeltreffende grondbewerking met Jupidex se Kverneland-werktuie.
Om die grond met tot 35% klei tot 450 mm diep deeglik en doeltreffend los te maak, gebruik Willem Kverneland CLG-beitelploeë. Hulle aanvalshoek is reg om met die minste wielglip en laagste dieselverbruik deeglik te werk en hulle uitskopvere sorg dat jy geen tyd mors by moontlike klippe in lande nie.
Net voor planttyd maak hulle dan ’n saadbed wat enige pit se droom is met hulle Kverneland Visio 200-skotteleg. Hierdie skitterwerktuig het ’n lang, stewige balk wat reguit van die trekker na agter strek. Daaraan is vier sybalke gemonteer, elk met sy groep skottels. Die sybalke kan heeltemal inswaai om plat teen die hoofbalk te lê vir gerieflike padvervoer. Die werktuig is dan ’n skrale 2,5m wyd. Wanneer die sybalke uitgeswaai word om die land aan te durf, kan dit in verskillende posisies gesluit word om te bepaal hoe aggressief die werktuig moet inklim.
Die dis is ook toegerus met hidrouliese dieptebeheerwiele, wat in alle modelle die beste en wydste opsies beskikbaar is wat natuurlik gedoen is om by Suid-Afrikaanse toestande aan te pas. Hierdie presiese dieptebeheer verseker dat jy met vertroue ’n kleiner trekker kan gebruik wanneer jy vlakker wil werk, sê Willem.
Daar is niks aan die Visio 200 waarvan hy nie hou nie, sê Willem, en wys uit: Sy balke is van die sterkste, beste, taaiste staal soos net Kverneland kan verskaf. (As jy ’n gat deur ’n Kverneland- balk wil boor, moet jy sorg dat jy ’n hele paar goeie boorpunte byderhand het, sê hy.)
Jupidex se Kverneland Visio 200-skotteleg skep die perfekte saadbed: Flink, vinnig, ekonomies, betroubaar en duursaam om jaar na jaar na jaar perfekte werk te doen. |
Die Visio 200 is beskikbaar in werkwydtes van 3,6 tot 6,3 meter vir trekkers van 100 – 200 kw afhangende van werkdiepte en spoed. Die klawerskottels waarmee die produk ingevoer word is van die beste skottels in die wêreld beskikbaar en dit word in Frankryk vervaardig. Die koolstofinhoud per skottel verleng die leeftyd daarvan en by ’n dis wat verlede jaar in die Vrystaat verkoop is, is slegs 27% slytasie na 2 000 ha gemeet. Dit beteken dat die verwagte leeftyd van hierdie stel skottels tot 3 000 ha kan wees! Verstelbare skrapers hou die skottels skoon.
As jy wil, kan jy jou Visio 200 stel om voor vlakker en agter dieper te werk om moeilike grond trapsgewys te bewerk, of voor diep en agter vlakker om die saadbed net mooi gelyk te maak.
Waar die Visio 200 gewerk het, is die grond perfek bewerk, die stoppels deeglik van 2 tot 20 cm diep vermeng en in die beste posisie vir ontbinding, en alles honderd persent vir saad om flink te ontkiem en groei. Dit alles word in enige land en grond bereik as gevolg van al die stel-opsies waaruit jy kan kies en teen die beste brandstofverbruik omdat jy hom so presies kan stel.
Die Visio 200 help die De Klerks om gouer en doeltreffender te plant en om boonop ’n hele klomp duur diesel te bespaar
As jy ook die aarde se skatkis met jou eie Visio 200 wil ontsluit, praat met die produkbestuurder, Robby Lee van Jupidex by 082-575-1594, of met Jupidex se hoofkantoor by 033-345-2733. Robbie kan ook per epos bereik word: robby.lee@kverneland.co.za