Categories: WheelsPublished On: 24th May 2010

Vir flink vervoer verkies boere en vee FAW se beestrok

By 3 min read
 Hierdie gewildheid word nog verder verhoog deur FAW se verstommend lae brandstofverbruik. Tevrede eie-naars en amptelike toetse getuig van ’n uiters beskeie dieseldors: 5,8, 6,2 en selfs 6,4 kilometer per liter vir ’n viertonvragmotor is goeie nuus in enige taal.
Boere is veral bly oor FAW se besluit om nie hulle voertuie met onnodige elektroniese kontrepsietjies te belas wat ’n mens so dikwels in die steek laat nie, en om sake so gerieflik en maklik as moontlik vir die eienaar en bestuurder te maak.
Boerdery se winsgrense is besig om al hoe kleiner te word, maar FAW se lae prys, lae onderhoudskoste en lae bedryfskoste, gepaard met sy hoë vlak van betroubaarheid en doeltreffendheid, gee die boer ’n welkome blaaskans.
Vir die boer is dit ook belangrik dat die FAW maklik bestuur, gerief aan die bestuurder en sy twee passasiers bied sodat hulle nie maklik uitgeput raak nie, genoeg bêreplek in die kajuit het vir dokumente, padkos, drinkgoed, gereedskap en persoonlike besittings, en al die veiligheidskenmerke het wat ’n mens van ’n staatmaker voertuig kan verwag.
Die 9.130FL se betroubare FAW CA4DF2-13-enjin met sy vier silinders, inhoud van 4 751 cm3 en turbo-aanjaer met interverkoeling gee jou ’n baie bruikbare 103 kW teen
2 300 opm en 490 nuttige Nm wringkrag tussen 1 400 en 1 600 opm. Sy vyfspoedratkas met inkamskakeling verseker dat jy altyd genoeg trekkrag vir enige spoed het.
Die trok se toelaatbare bruto kombina-siemassa van 10 600 kg beteken dat jy hom nog beter en meer ekonomies kan benut deur ’n sleepwa vol diere agter aan te haak.
Die 9.130FL is nie bedoel vir resiesjaag nie, maar sy padspoed van so nagenoeg 110 kmu beteken dat jy volstrek ook nie kruip nie.
Maar dis nie net die boer wat met FAW se veetrok ingenome is nie – vir sy vee is dit ’n ewe aangename ervaring om daarmee vervoer te word.
FAW bied die trok met standaard veetralies aan, maar jy kan dit ook na eie behoefte bestel om jou diere die beste te pas – met dubbeldekke vir kleinvee, met ’n tussenhek, met ’n glymat van jou keuse, noem maar op.
Die traliewerk is van geperste kanaal-yster sodat dit sagkens met vee werk en dit bout aan die valkantbak vas sodat jy dit (en ook die valkante as jy wil) kan verwyder om die vragmotor vir ander take in te span. Die bak van 5,5 meter is een van die langstes in sy klas.
Die laaidek is naatloos sodat daar nie mis en urine in slootjies kan wegkruip om roes te veroorsaak nie. Daar is oorgenoeg ruimte vir afloop sodat die blad na gebruik silwerskoon afgespuit kan word.
Die standaard tralies is 1,8 meter hoog met balke bo-oor sodat geen bees dalk per ongelukkig buite kan beland nie. Die hekknippe haak ook stewig in sodat dit nie dalk langs die pad kan losskud nie.
Die bak is ’n meter bo die grond, wat laai en aflaai vergemaklik en sorg vir ’n lae swaartepunt wat die stabiliteit en hantering van die voertuig verbeter.
Kom kyk by Nampo: As die viertonner te groot vir jou behoefte is, is daar ’n ewe stewige drietonner, of as jy meer beeste wil vervoer, kies jy jou eie agttonner soos die een waarmee Trans Atlantis nou reeds vyf-miljoen probleemvry kilometer afgelê het.
FAW se wakker handelaarsnetwerk staan reg met al die onderdele, kundigheid en toewyding om jou voltyds flink aan die vervoer te hou.
Praat met Eugene van der Berg by 082-496-2825 vir meer inligting en om te hoor wie die handelaar naaste aan jou is, e-pos hom by eugene@fawsa.com of gaan verstom jou aan die reguit, eerlike vragmotor-tegnologie op www.fawtrucks.co.za.
FAW is reeds 16 jaar in Suid-Afrika en het in dié tyd ’n baie goeie naam verwerf met puik produkte en ’n skitterende rugsteundiens wat sorg dat ’n FAW-vragmotor nooit hoef te staan nie.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0