Categories: NewsPublished On: 6th July 2010

Vinniger,-flinker-lewering-van-vragmotors:-Nissan-Diesel-pas-nou-self-sy-vragmotorbakke

By 2 min read

Nissan Diesel het besluit om voortaan volledige vragmotors  – dit wil sê met bak en al – uit sy monteeraanleg in Rosslyn, Pretoria te lewer, om te voldoen aan die groot aanvraag in die mark vir sulke spesiale eenhede.

Tradisioneel voorsien ’n vragmotorvervaardiger net die vragmotor se onderstel en kajuit en dan bring bakbouers die bak elders aan.

Daar is niks verkeerd met hierdie werkwyse nie, maar as vragmotors so vinnig verkoop soos Nissan Diesel s’n, moet iets gedoen word om aflewe­ring te bespoedig. Daarom het Nissan Diesel besluit om voortaan self die bakke aan hulle vragmotors te pas.

Vir vragmotorgebruikers hou hierdie besluit talle voordele in:

  • Vragmotors kan in ’n kor­ter tyd vervaardig word en gouer gelewer word.
  • Die gebruiker is strykdeur verseker van die wêrelgehalte standaarde van Nissan Diesel.
  • Die eindproduk word meer kostedoeltreffend gelewer.
  • Die vragmotor is onmiddellik gereed vir gebruik.
  • Die gebruiker geniet een-stop naverkoopsteun deur Nissan se landwye handelaarsnetwerk.
  • Wanneer die gebruiker die vragmotor koop, kry hy op een slag die registrasie-, weegbrug- en bakbousertifikate, wat die risiko van verkeersboetes uitskakel.

Aanvanklik sal Nissan Diesel self net wipbakke monteer, maar later na ander soorte bakke uitbrei.

Die wipbakke word verskaf deur twee staatmaker-bakbouers, die plaaslike Top Trai­lers wat tans 40% van Suid-Afrika se vragmotorbakke vervaardig, en die ShinMaywa-groep van Japan. Van elkeen van hierdie vervaardigers sal ’n bak van 10 en 6 kubieke meter gebruik word, wat altesaam vier verskillende modelle beteken.

Die rede waarom daar met wipbakke begin is, is dat daar deesdae so ’n groot aanvraag na hierdie soort vragmotors is. Nissan Diesel se wipbakvragmotorverkope het die afgelope jaar met 20,7% gegroei.

Die Nissan Diesel vragmotors wat uitmuntend geskik is vir wipbaktoepassings, is die UD85 4×2 (swaar handelsvoertuig) en die UD 290WD 6×4.

Laasgenoemde gaan binnekort vervang word met die UD390WD in die ekstra­swaar-handelsvoer­tuigklas, en vorm deel van die maatskappy se opwindende Quon-reeks wat onlangs geloods is.

Die besluit om self bakke te monteer, is geneem om sake makliker te maak vir ons klante, sê Johan Richards, hoofbedryfsbeampte van Nissan Diesel Suid-Afrika. “Nissan Diesel is daartoe verbind om pasgemaakte oplossings aan ons klante te bied en om unieke waardetoegevoegde produkte en dienste te verskaf.”

Vir vervoer sonder sukkel, praat vandag met jou naaste Nissan Diesel-handelaar.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0