Categories: NewsPublished On: 2nd September 2011

Verrig-twee-reuse-take-met-die-Orion-130TH-PRO-sleepwa/misstrooier

By 2 min read
Met sy bree, tandemgemonteerde wiele trap die Orion 130TH PRO ligvoets op die land al dra hy dertien ton kuilvoer. Na die kuilvoerseisoen monteer jy net sy misstrooimeganisme en siedaar – jy het ’n volledige, gevorderde misstrooier!

Dit help niks jy kerf keurige kuilvoer en stuit dan teen die uitryery nie. Daarvoor het Staalmeester ’’n uitmuntende dubbeldoeloplossing: Die gedugte Orion 130TH PRO-sleepwa/misstrooier. Met sy hidroulies aangedrewe kettinglatvloer en agterluik is hierdie stewige dertientonwa die boer se staatmaker-uitrywa gedurende die kuilvoerseisoen.

Sy ruim pens hou 10,7 kubieke meter en agter ’n trekker van 74 kW loop hy ligweg op sy tandemwiele met die bree bande (500/55-20 – 12PR) wat grondkompaksie tot ’n minimum beperk en beweging in sand- of nat lande maklik maak.

Sy dubbelkringlugremme verseker veilige vervoer teen ’n spoed van tot 40 km/u.

Vinnig en skoon laai die Orion se hidroulies aangedrewe kettinglatvoer ’n vrag kuilvoer af.

Die aflaaislag by die voerkuil is so maklik soos melktert eet. Jy lig net die agterklap hidroulies en dan voer die Orion se kettinglatvloer die materiaal sagkens, maar onverbiddelik na buite. Jy kan selfs stel teen watter spoed jy hom wil laat beweeg. Elkeen van die vier kettings het ’’n breeksterkte van 18 ton en die latte is buigbestand.

Die kettingspanning word maklik van agter die sleepwa verstel.

’n Slingerstut aan die disselboom verseker dat jy die sleepwa maklik kan aan- en afhaak, selfs al is hy vol.

Maar kuilvoeruitry is maar net die helfte van die storie. Die Orion 130TH PRO is eintlik ’n volwaardige kunsmisstrooier. Sodra die kuilvoerseisoen verby is, monteer jy sy strooi-eenheid en voor jy kan se mes, bemes jy jou lande met dieselfde wa – twee volwaardige werkwaens vir die prys van een.

As jy ook twee reuse-take met een wa wil verrig, praat vandag nog met Eduan Booysen van Staalmeester by 082-883-6484. Onthou om hom ook oor die voortreflike JF C 120-kuilvoerkerwer te vra.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0