Categories: NewsPublished On: 28th March 2011

Vermillian Verf: Troef roes met Verust

By 4 min read
Kyk net – geen teken van roes nie. John Westerink van Hunter’s Rise-varkboerdery vertel dat hierdie twee I-balke waarop die roerder bo die misput gemonteer is ernstig geroes het as gevolg van die ammoniakwalms wat uit die put opstyg. Verskeie ander produkte het niks gehelp nie, maar Vermillian se Verust het die roes summier stopgesit.

Roes is ’n lastige ergenis wat derduisende rande se skade op plase regdeur die land aanrig.

Een roesslagoffer wat al knap duskant moedeloos gedraai het, is John Westerink van Hunter’s Rise-varkboerdery net buite Viljoenskroon in die Vrystaat.

John verklaar dat varkboerdery besonder blootgestel is aan roes, omdat die ammoniak wat uitgeskei word boontoe sweef en metaal genadeloos aanval.

Die hokke waarin hulle 6 500 varke aanhou, is sowat 70% van staal. Die struktuur is van staal waartussen steenmure ingebou is, maar die hekke, afskortings en dakke is ook alles van staal en sink. Selfs die raamwerke waarop die asbesplafonne rus is van staal en al hierdie staal het altyd geroes dat dit klap.

John het verskillende duur roesweermiddels probeer, maar roes het die stryd telkens gewen.

Maar toe kom daar ’n skitteroplossing uit ’n onverwagte oord: Die boerdery het ’n groot varkskaal in Pretoria gekoop en toe hulle die verskaffer vra of die skaal nie sal roes nie, was sy antwoord ’n summiere en oortuigde nee: Die skaal is met Verust van Vermillian Verf behandel en roes staan nie ’n kat se kans nie.

Dit was toe ook so! Daardie skaal werk steeds op Hunter’s Rise en jy kan maar kom soek of jy ’n roeskolletjie op hom sal kry – niks!

Maar ’n boer is nie iemand wat hom maklik op sleeptou laat neem nie. John het presies geweet wat die uiterste toets vir ’n roesmiddel sou wees: Die twee rooigeroeste I-balke waarop die roerder bo die misput rus. Daar styg ’n voortdurende ammoniakwalm uit dié put en geen middel kon die roes aan die twee balke stuit nie. Hulle sou beslis uiteindelik heeltemal deurgeroes het, sê John.

Maar Verust het die roes net daar stopgesit en dit het John oortuig dat hy hier met ’n gedugte roesweerder te doene het. Hulle is nou besig om alle staal in hulle varkhokke met Verust te behandel.

Hunter’s Rise is nou nie meer ’n slagoffer van roes nie, maar ’n triomfantelike oorwinnaar.

Voorheen het die stygende ammoniakwalms wat die varke afgee, die dakke se sinkplate van onder af laat roes. Daar was ernstige skade en hulle kon nie voorbly met die herstelwerk nie. Al die staalhekke, -afskortings en ander strukture spog reeds met Verust wat roesbedreiging summier stopgesit het en ’n werkspan is nou besig om al die sinkplate te behandel.

Waar jy Verust aangebring het is daar geen verdere kommer nie, sê John. Vir die eerste keer kan ons nou voorbly in die stryd teen roes.

Dis baie maklik om met Verust te werk, vertel John. ’n Mens skuur bloot die oppervlak, was hom, wend twee lae aan – eerder met ’n kwas as ’n roller – en siedaar, jou roesprobleme is geskiedenis! As jy wil, kan jy agterna rooi- of grysoksied bo-oor aanbring.

So roes staal wat nie met Verust behandel is nie bo Hunter’s Risevarkboerdery se flodderput.

Verust is baie dun, vertel John. Dit kan dink en weet presies watter pad om te vat en hoe om ferm met die staal te bind.

Mense vertel dat verwers permanent besig is om die Eiffel-toring in Parys te verf om dit teen roes te beskerm. Sodra hulle klaar is, het die eerste verf al verweer sodat hulle dadelik van voor af moet begin. Miskien sal dit hulle loon om ook Verust van Vermillian te gebruik…

Verust is die oplossing vir alle roesprobleme, selfs in toepassings waarvoor dit nie oorspronklik bedoel was nie. Apex Industries verskaf motorbybehore. Soms moet hulle aangepaste monteringstutte aanbring om hulle produk op ’n wyer vlak te gebruik en dit is baie belangrik dat daardie stutte volkome roesbestand moet wees.

Leon van den Berg van Apex Industries laat weet dat hulle Verust daarvoor gebruik en dat dit perfek werk. Hulle het Verust aan die motorbedryf se gevreesde 360 uur soutspuit blootgestel en kon geen teken van oppervlakkige roes, roes tussen die staal en Verust of roesveroosaakde blase vind nie.

Volgens Leon lyk die afwerking wat Verust bied ook baie goed: “Die materiaal is na aanwending so glad as wat die voorbereiding van die oppervlak was.”

Moenie dat roes jou lewe bederf nie. Praat met Koos Vermeulen van Vermillian Verf by 012-335-0330/5446, of 012-345-4273, of 012-546-3350. Besoek enige van Vermillian se winkels; nie net vir roesbestryding nie, maar vir al jou verfbehoeftes. Vermillian is die verf wat kan dink. www.vermillianpaint.com.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment