Categories: NewsPublished On: 19th June 2013

Vermillian Verf: Troef roes met Verust

By 2 min read

p

Troef roes met Verust

Roes is ’n lastige ergenis wat derduisende rande se skade op plase regdeur die land aanrig. Een roesslagoffer wat al knap duskant moedeloos gedraai het, is John Westerink van Hunter’s Rise-varkboerdery net buite Viljoenskroon in die Vrystaat.

John verklaar dat varkboerdery besonder blootgestel is aan roes, omdat die ammoniak wat uitgeskei word boontoe sweef en metaal genadeloos aanval.

Die hokke waarin hulle 6 500 varke aanhou, is sowat 70% van staal. Die struktuur is van staal waartussen steenmure ingebou is, maar die hekke, afskortings en dakke is ook alles van staal en sink. Selfs die raamwerke waarop die asbesplafonne rus is van staal en al hierdie staal het altyd geroes dat dit klap!

John het verskillende duur roesweermiddels probeer, maar roes het die stryd telkens gewen.

Maar toe kom daar ’n skitteroplossing uit ’n onverwagte oord: Die boerdery het ’n groot varkskaal in Pretoria gekoop en toe hulle die verskaffer vra of die skaal nie sal roes nie, was sy antwoord woord ’n summiere en oortuigde nee: Die skaal is met Verust van Vermillian Verf behandel en roes staan nie ’n kat se kans nie. Dit was toe ook so! Daardie skaal werk steeds op Hunter’s Rise en jy kan maar kom soek of jy ’n roeskolletjie op hom sal kry – niks!

Maar ’n boer is nie iemand wat hom maklik op sleeptou laat neem nie. John het presies geweet wat die uiterste toets vir ’n roesmiddel sou wees: Die twee rooigeroeste I-balke waarop die roerder bo die misput rus. Daar styg ’n voortdurende ammoniakwalm uit dié put en geen middel kon die roes aan die twee balke stuit nie. Hulle sou beslis uiteindelik heeltemal deurgeroes het, sê John.

Maar Verust het die roes net daar stopgesit en dit het John oortuig dat hy hier met ’n gedugte roesweerder te doene het. Hulle is nou besig om alle staal in hulle varkhokke met Verust te behandel.

Hunter’s Rise is nou nie meer ’n slagoffer van roes nie, maar ’n triomfantelike oorwinnaar.

Besoek gerus www.vermillianpaint.com of kontak Johan Vermeulen by 078-782-5034 of stuur ‘n boodskap na 071-940-7500 vir vriendelike hulp en raad.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment