Vermillian-Verf:-Boender-kieme-uit-met-waterdigting
![]() |
![]() |
’n Absolute voorvereiste vir winsgewende varkboerdery is honderd persent higiene. So se John Westerink van Hunter’s Rise-varkboerdery net buite Viljoenskroon in die Vrystaat.
Daarom tref die boerdery alle moontlike maatreels om biosekuriteit te handhaaf. Werknemers stort voor hulle die varkhokke betree, dra spesiale klere en die varkhokke word met spesiale skuimseep en ’n hoedrukspuit skoongemaak en ontsmet.
Maar beton is altyd poreus. Diep in die krakies en barsies van die betonvloere en gepleisterde steenmure skuil steeds hardnekkige bakteriee en virusse wat die siekterisiko van ’n boerdery gevaarlik verhoog.
Gelukkig is daar ’n doeltreffende oplossing vir die probleem, vertel John: Vermillian Verf se ontsmettende seelaar dring diep in die vloere en mure in en verseel dit honderd persent sodat daar geen inkomplek vir selfs die skelmste kiem of selfs reuk oorbly nie.
Hierdie unieke waterdigtingsmiddel werk met nanotegnologie, wat beteken dat die deeltjies waaruit dit bestaan so klein is dat dit tussen die betonmolekules indring en letterlik daarmee verbind. Dit kan dus nie lostrek soos gewone seelmiddels nie.
Omdat die deeltjies soveel kleiner as watermolekules is, kan water wat daarop le glad nie uiteindelik daardeur syfer soos met gewone waterdigting nie. As Vermillian praat van dig, dan bedoel hulle honderd persent dig, se John.
Boonop bevat Vermillian se ontsmettende seelaar ’n antiseptiese middel wat sorg dat die vloer of muur waarop dit aangebring word, volkome kiemvry is. Wanneer varkhokke wat met Vermillian se waterdigting waterdig gemaak is, skoongespuit word, bly daar geen kieme, bakteriee of reuke oor nie.
Varke verkies om skoon te wees en is gelukkiger as ’n mens hulle skoon omstandighede bied om in te leef. Dit, saam met die afwesigheid van kieme en bakteriee wat siektes veroorsaak, bring mee dat beduidend minder varke vrek en dit stoot ook die speengewig op – wat alles meer geld in die boer se sak beteken.
By Hunter’s Rise-varkboerdery het die produksieverbetering wat Vermillian se waterdigting meegebring het maklik die koste van die verf betaal en nou is dit al die pad wins met skoon, tevrede, gelukkige, gesonde varke.
Dis maklik om Vermillian se wate digtingsmiddels aan te wend; nie net in varkhokke en ander dierehuisvesting soos melkerye, hoenderhuise en stalle nie, maar ook in verpakking- en verwerkingsaanlegte en slagterye waar honderd persent higiene ’n vereiste is, en op sink, teel en betondakke waar dit lek tot in die verlede boender.
Vermillian se waterdigting is rekbaarder en skeurtraer as akrielwaterverdigting, sodat dit uitsetting en inkrimping baie beter weerstaan. Dit, saam met die feit dat dit nie bloot opplak soos ander produkte nie, maar in die behandelde oppervlak insmelt en deel daarvan word, verseker dat boere nou nie meer aanhoudend met waterdigting hoef te sukkel nie – Vermillian doen dit die eerste keer reg. Vermillian is immers die verf wat kan dink.
Maar waterdigting is nie al wat Vermillian jou bied nie. Die vindingryke hoetegnologiemaatskappy is die plek om aan te klop vir al jou verfbehoeftes. Vermillian bied nie net die regte produkte nie, maar ook die regte raad.
Skakel Vermillian Verf by 012-335-0330 of 012-546-3350 asook 083-697-6798 of 082-491-8272. Besoek ook enige van Vermillian se winkels of die webwerf, www.vermillianpaint.com. Lees in verlede maand se ProAgri meer oor waterdigting en hoe Vermillian roes troef met Verust. Volgende keer vertel ProAgri meer van temperatuurbeheer met behulp van Vermillian.
Nog stories oor Vermillian Verf op die plaas:
Bly koelkop met die verf wat kan dink | |
![]() |
|
Ons boere weet dat winter in die somerreënstreke die tyd van die jaar is om al die dakke op die plaas weer dig en diensbaar te maak. Dakke beskerm immers waardevolle bates soos diere, werktuie, voer, voertuie en mense. | |
Vermillian stop jou lekkery met lekkerkry | |
![]() |
|
Net so graag as wat die boer nie wil hê water moet deur sy dakke of mure inlek nie, wil hy nie hê dit moet uit sy damme, tenks en krippe lek nie. | |
Vermillian Verf: Troef roes met Verust | |
![]() |
|
Roes is ’n lastige ergenis wat derduisende rande se skade op plase regdeur die land aanrig. Een roesslagoffer wat al knap duskant moedeloos gedraai het, is John Westerink van Hunter’s Rise-varkboerdery net buite Viljoenskroon in die Vrystaat. |