Categories: NewsPublished On: 29th March 2011

Vermillian stop jou lekkery met lekkerkry

By 4 min read

l

Hierdie dakke van die KI-sentrum by Hunter’s Rise-varkboerdery is met Vermillian se tegnologie lekvry en roesvry gemaak en behandel om die sôe daaronder lekker koel en ontspanne te hou.

’n Sinkdak rek en krimp as gevolg van temperatuurskommelinge en voor jy weet, is die dakskroewe losgetrek en die balke vrot. Vermillian Verf het spesiale dakspykers wat in die dele van die balke wat nog nie vrot is nie indraai, ’n perfek doeltreffende nanotegnologie-waterdigtingsmiddel en hitteweerkaatsende verf wat dakbeweging beperk om te sorg dat jou dak nie weer lek nie. As roes ’n probleem is, het Vermillian ook die perfekte roesweermiddel.

Water is ’n wonderlike ding, maar dit kan ook lastig wees as water nie bly waar jy hom wil hê nie. Reeds 5 000 jaar gelede het die Assiriërs waterdigting gebruik om die reën uit hulle huise te hou en vandag is ’n ewige gedrup uit ’n dak steeds ’n irritasie.

Afhangende van wat jy onder daardie dak het, kan die lekkery ook ’n duur transaksie wees, want water op die verkeerde plek kan groot skade veroorsaak.
Net so graag as wat die boer nie wil hê water moet deur sy dakke of mure inlek nie, wil hy nie hê dit moet uit sy damme, tenks en krippe lek nie.
Gelukkig is die stryd teen alle vorms van lekkery nou finaal gewonne te danke aan Vermillian Verwe se nuwe nanotegnologie. Dit is die kroon op eeue se soeke na doeltreffende waterafdigting.
Die stryd teen lek het met pik en teer begin, later akrielmiddels wat meer ultravioletbestand en rekbaar is en nou Vermillian se perfekte nano-oplossing vir die waterdigting van sink, beton, hout en selfs skadunet. Die probleem met gewone akrielmiddels is dat water wat daarop lê tog later deursyfer en voor jy weet is jou twak nat.
Maar omdat Vermillian-waterdigting se nano-deeltjies veel kleiner is as watermolekules en veel sterker, maar ook veel ligter as staal, het water nie ’n kans om daardeur te gaan nie.
Die kleiner molekules sorg boonop vir beter binding en beter hegting omdat dit die ruimtes van die beton of sink wat jy seël beter binnedring. Dit brand in die kalk van sement in, wat ’n chemiese binding verseker teenoor die plakmetode van ander middels.
Vermillian se waterdigting is ook veel digter en skeurtraer as gewone akrielwaterdigting.
Een van die probleme wat nog altyd met waterafdigting ondervind is, is dat die beton waarvan ’n struktuur gebou is, organismes, soute en sure bevat. Sodra die beton nat word, begin daardie kieme, bakterieë, soute en sure aktief raak. As dit lank genoeg nat bly, vreet dit selfs gate in die muur of dak!
Daaglikse temperatuurwisselings sorg dat ’n betondak rek en krimp en dit veroorsaak krake. Elke keer as dit reën of die wind waai, of voëls op die dak mis of vrek, kom daar meer bakterieë in die krake in.
As jy nou gewone waterdigting op jou dak smeer, laat die werking van die bakterieë en soute en sure dit weldra lostrek en oplig.

Maar kyk net wat doen Vermillian Verf: Met sy twintig jaar navorsing het Vermillian Verfgeleer dat die probleem net opgelos word as al die bydraende faktore hokgeslaan word. Vermillian Verf is die enigste verf ver-vaardiger wat ’n produk, Water Dispelling Liquid, ontwikkel het om die oppervlak te steriliseer en te neutraliseer. Dit verseker dat jy nie kieme, soute en sure wat jou verdigtingsmiddel kan vreet in die krake daaronder vaskeer nie.

Op betondakke kan jy nog ’n weerkaatsende rubberverf aanwend wat uitsetting en inkrimping aan bande lê en sorg dat die temperatuur onder die dak nooit tot bo 26 grade C sal styg nie. As jy ’n nuwe betondak so behandel, sal hy nie kraak nie.
Sinkdakke

Uitsetting en inkrimping weens temperatuurskommelings veroorsaak dat sinkdakke se skroewe losraak. Dit word gewoonlik eers ontdek as die daklatte reeds vrot is. Vermillian Verf het dakskroewe wat indraai in die dele van die hout wat nie vrot is nie. Dit hou die dak weer stewig vas sodat Vermillian Verf se nanotegnologie- waterdigting aangewend kan word.

Om te keer dat die probleem weer kop uitsteek, kan jy dan die dak met Vermillian Verf se hitte-weerkaatsende verf verf. Dit skakel uitsetting en inkrimping van die dakplate uit sodat dakskroewe nie weer maklik  loskom nie. Die verf verleng dus die lewensduur van die dak en hou boonop die temperatuur onder die dak onder 26 grade, maak nie saak hoe warm dit buite word nie.

Seël tot toiletpapier!
Vermillian Verf is die enigste verfvervaardiger wat dit waag om ’n lagie van net 5 mikron van sy waterdigting op toiletpapier aan te wend en dan water daarop te giet. Nie eers ’n gedagte van water dring daardeur nie.
Vermillian Verf het selfs al skadunet waterdig gemaak. Die lagie is so dun dat die lig steeds deurskyn, maar daar kom geen water deur nie.
Ook met leunmuurtjies, borswerings, mure en hout wat water trek, het Vermillian ’n plan: WDL wat ’n suurstofhonger vloeistof is.
Water Repeller is ook net die produk om damme en krippe te verseël. Jy kan dit selfs in bestaande krake inspuit. Vermillian het die tegnologie, die wil en die produkte om al jou water te hou presies waar jy dit wil hê.

Praat met Johan Vermeulen van Vermillian Verf by 078-782-5034, of 071-940-7500. Besoek die webtuiste, nie net vir waterdigting nie, maar vir al jou verfbehoeftes. Vermillian is die verf wat kan dink www.vermillianpaint.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0