Categories: NewsPublished On: 13th April 2012

Vermillian Verf beskerm boere se bates

By 4 min read

s

Twee gewilde jongmanne wat in ’n wye streek rondom Viljoenskroon vriendelik gegroet word, is Reyno Snyman en Dillan Westerink. En ook geen wonder nie, want hulle bied boere ’n produk en diens wat werklik werk.

Reyno is ’n verfkontrakteur wat ook damme en dakke seël, konstruksies soos afdakke, grasdakke en tenks oprig, allerhande staalwerk doen en elektriese heinings aanbring.

Hy is ’n energieke en leergierige ondernemer wat altyd na beter oplos-sings vir sy klante soek. Hy doen graag sy eie proefnemings om bo alle twyfel te bepaal wat werk en wat werk nie.

So het Reyno op die perfekte antwoord vir lekplekke, roes en enige verfwerk afgekom: Vermillian Verf se nanotegnologie wat ’n nuwe era van absolute doeltreffendheid in verftegnologie inlui.

Nanotegnologie beteken dat die verf se deeltjies so klein is dat dit tussen die molekules van die oppervlakte indring om daarmee ineen te smelt. Dis waarom Vermillian se waterdigting nie later lostrek soos gewone waterdig-tingsmiddels nie, hoekom Vermillian se Verust roes summier en permanent stopsit en hoekom Vermillian se verf nooit afskilfer of afdop nie.

Reyno gebruik nou net Vermillian Verf se tegnologie en sy klante is net so tevrede soos hy met die resultate. Reyno is ingenome met al Vermillian Verf se produkte, want dit stel hom in staat om diens in ’n klas van sy eie aan sy klante te bied. “Vermillian Verf se emaljeverf bedek enige oppervlak met minder lae as die beste ander verf. Dit is rekbaar, sukkel nie lank om droog te word nie en jy sien sommer dis ’n duursame verf,” sê Reyno.

Vermillian Verf het ’n perfekte produk vir elke behoefte, selfs vir daardie moeilike uitdagings waar gewone verf maar net nie die paal haal nie, vertel Reyno.

Een van daardie uitdagings is die voersilo’s en hysers by Taaiboschbult se groot voerkraal. Die konsentrate in die voer veroorsaak kwaai roes aan metaal. Boonop gee die voer baie stof af, wat op die metaaloppervlaktes saampak en so nat op die metaal bly lê as dit reën. Dit help roes natuurlik verder aan.

Maar met Vermillian Verf se Verust het Reyno Taaiboschbult se roesgevaar summier gestuit. Bo-oor die Verust het Reyno se span Vermillian se emaljeverf aangewend en hierdie behandeling gaan Taaiboschbult se voeraanleg se lewe aansienlik verleng, sê Reyno.

Hy het van Vermillian se verf met ’n skraper probeer afkrap, maar dit kom glad nie so maklik af soos gewone verf nie. Moenie Vermillian Verf gebruik as jy dit môre weer wil afskuur nie, waarsku Reyno. Jy gaan sukkel.

Hierdie gebou, wat eers ‘n erdewarefabriek gehuisves het, word nou ‘n sonneblomoliepers. die stoom van die erdewerkoorde het kwaai roes aan die dak veroorsaak, maar Reyno Snyman het die binne en buite met Vermillian se Verust gestuit. Hier is die werkers besig om Vermillian se Solar Aircon op die dak aan te bring om ‘n aangename binnetemperatuur te verseker.

Vermillian Verf se Verust werk ewe goed op die dak van Alec Gossayn (Edms) Bpk se nuwe sonneblom-oliepers by Viljoenskroon.

Die gebou het eers ’n erdewarefabriek gehuisves en die stoom uit die oonde het die dak laat roes. Reyno het die roes met Vermillian se Verust gestuit en die dak met Vermillian se Solar Aircon geverf, sodat die gebou nou heerlik koel binne is. “Alkyd Aliminium maak werklik ’n verskil van ses tot tien grade Celsius in die temperatuur,” sê hy.

Waterdigting van tenks en damme was voorheen vir Reyno ’n kopseer, want na ’n maand begin water deur gewone waterdigtingsprodukte syfer en nie te lank daarna nie skilfer dit af. Vermillian se nanotegnologie verseël enige oppervlakte permanent en los dit 100% lekvry.

Maar Vermilian Verf verskaf nie net die heel beste produkte nie – Vermillian Verf verskaf ook die kundigheid wat nodig is om elke verfuitdaging suksesvol te bowe te kom, sê Reyno.

Dillan Westerink, sy plaaslike Vermillian Verf-verskaffer, stem met Reyno saam. Hy het met Vermillian kennis gemaak toe sy pa, die bestuurder van Hunters Rise-varkboerdery Vermillian Verf se WDL waterdigting, Verust en Alkyd Aliminium, met soveel sukses in die varkbehuising gebruik het. “Dis lekker om die beste produk te bemark,” sê Dillan.

Vir meer inligting oor Vermillian Verf se wenprodukte, praat met Johan Vermeulen by 078-782-5034 of 071-940-7500 vir aflewering enige plek in die land. Besoek die webtuiste by www.vermillianpaint.com.

Boere landwyd kan baat by Vermillian se:

Verust vir alle staal en sink
• Roeswerende oksied vir onderlaag
• WDL waterafdigting vir dakke en beton
• Emalje vir duursame afwerking
• Muurverf wat hou
• Altyd Aliminium vir temperatuurbeheer
• Kraakvuller vir onderhoudswerk          

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0