Categories: NewsPublished On: 6th April 2011

Verlaging-in-melkprys-verbasend

By 2 min read
303 words
Dr Koos Coetzee, ekonoom van die MPO het sy verbasing uitgespreek oor die beoogde melkprysverlaging wat Clover aan sy produsente wil deurgee van Mei af. Clover het sy melkboere ingelig dat hy 5 sent per liter minder gaan betaal as gevolg van die oorproduksie van melk.
 
Mnr Manie Roode, die adjunk uitvoerende hoof van die maatskappy sê in ‘n omsendbrief aan boere daar word tans aan hulle gerapporteer dat daar heelwat melkvloei is waarvoor daar nie kopers is nie en dat die prys van kaas so laag is dat ’n netto verlies aangeteken word. 
 
Mnr Roode het aan ProAgri gesê dat die 5 sent ‘n baie konserwatiewe verlaging is wat eintlik net ten doel het om ‘n sein na produsente uit te stuur dat die produksie nie die aanvraag moet oorskry nie. Daar kan later ‘n verdere verlaging wees. 
 
Dr Coetzee sê egter hy vind die verlaging vreemd in die lig van huidige markneigings. Die markseine plaaslik en internasionaal is positief en wêreldmarkpryse is aansienlik hoër as verlede jaar. Volgens die MPO se inligting is daar verskeie melkverwerkers in die Gauteng-gebied wat tans bykomende melk benodig.
 
Boere verwag ook ‘n skerp styging in produksiekoste as gevolg van ‘n styging in elektrisiteitstariewe, brandstofpryse en voerpryse. Voorlopige syfers dui daarop dat die produksiekoste per liter reeds hierdie jaar met tussen 20 en 30 sent gestyg het.  
 
Met betrekking tot die uitbreking van bek- en klouseer en die gevolglike uitvoerbeperkings het mnr Roode gesê Clover kan as nasionale maatskappy met verskillende verwerkingsaanlegte, die situasie bestuur. Die lewering van melkprodukte word dus nie geraak nie, maar as gevolg van die verbod op die uitvoer van onverwerkte melk, kan die UHT-aanleg in Botswana tans nie produksie lewer nie.  
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0