Verkiesing bots met NAMPO
Die regering het aangekondig dat die plaaslike regeringsverkiesing op Woensdag 18 Mei gaan plaasvind. Dit is ook die tweede dag van die NAMPO-oesfees wat vanjaar van die 17de tot die 20ste Mei gehou word.
Die organiseerders sê dat NAMPO elke jaar in die twintigste week van die jaar plaasvind. Die meerderheid van uitstallers het reeds hulle teenwoordigheid bevestig, wat dit onmoontlik maak om die datum te verander.
Geen stembusgeriewe sal op NAMPO-park beskikbaar wees nie, aangesien kiesers in hulle wyke van registrasie moet stem.
Die stembusse is blykbaar landwyd van 07:00 tot 21:00 oop, wat dit moontlik maak vir sommige oesdaggangers om voor of na die tyd in hulle wyke te gaan stem.