Categories: NewsPublished On: 29th June 2011

Verf-sonder-sonde

By 1 min read
268 words

Verfwerk kan maar ‘n kwasterige affêre wees as jy nie mooi trap nie. Johanna Bekker van Kleinfontein het die volgende wenke vir verf sonder sonde ingestuur. Daarmee wen sy ‘n musiekpiering van Thys die Bosveldklong, sodat sy voortaan op die maat van musiek kan verf. 

  • Dis nie lekker om ‘n verfblik sonder handvatsel rond te dra nie, veral nie as daar verf teen die kant van die blik afgeloop het nie. Sit die blik in ‘n klein emmertjie om rond te dra. Dit stel jou ook in staat om die blik op te hang waar nodig.
  • Maak ‘n gaatjie waardeur die steel van die verfkwas styf pas in ‘n halwe tennisbal en skuif dit oor die steel. Dit keer verf om teen die steel af te loop en jou hand te bemors wanneer jy onderstebo verf.
  •  As ‘n verfkwas hard geword het, kook dit ‘n halfuur lank saggies in asyn, was dit dan in seepwater, spoel skoon en laat droog word. 

‘n Boer maak ‘n plan en ‘n gawe boer deel daardie planne met ander sodat ons almal minder sonder sukkel vooruit kan boer. Dieselfde geld die boerehuisvrou. Stuur jou plan of wenk, gemerk Boer-se-plan, aan oppiestoep@mweb.co.za en staan ‘n kans om ‘n musiekpiering van Thys, die Bosveldklong, te wen. Huishouwenke is ook welkom. As jy ‘n landbou- of huishouverwante probleem het wat jou grys hare gee, stuur dit ook, dan kyk ons of ons by die kenners ‘n oplossing vir jou probleem kan kry.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0