Categories: NewsPublished On: 9th October 2012

Verf met vertroue: Vermillian bied veel, veel meer!

By 4 min read

n

Die slimste ding wat ’n boer met sy bates kan doen, is om dit te verf. Of dit nou ’n ploeg, ’n hekpaal, ’n waterkrip, ’n varkhok of ’n skuurdak is, die regte verf laat dit nie net veel beter vertoon nie, maar ook veel langer hou en veel beter werk.

As voorste verfvervaardiger en leier op die gebied van verfnanotegnologie, bied Vermillian Verf die beste verfprodukte vir elke taak; van roeswering tot waterdigting. Boere is beïndruk met Vermillian Verf se gevorderde nanotegnologieprodukte wat ligjare voor gewone verf is wat kloukrag en doeltreffendheid betref. Nanotegnologie beteken dat die verf se deeltjies so klein is dat dit tussen die molekules van die oppervlakte indring om daarmee saam te smelt en vashegting van die nuwe, onverdunde bolaag verf te bevorder.

Dis waarom Vermillian Verf se Water Dispelling Liquid nie vog deurlaat soos gewone water afdigtingsmiddels nie; WDL bevat chemikalieë wat die watermolekule nie kan deurlaat nie en het ’n bindingmeganisme wat vasbrand in die bolaag dakverwe wat opgesit word. Al ooit gewonder hoekom Vermillian se Verust roes summier en permanent stopsit waar ander produkte op die mark ’n tydelike oplossing is?

Vermillian se kundigheid is reeds 30 jaar vooruit op die gebied van nanomolekules en verstaan die proses wat plaasvind met verwering, en het die kundigheid toegepas met ’n reeks produkte wat oplossings bied, soos:
• Verust, die nanotegnologie-roesweermiddel wat in die staal intrek en die roes afdig dat dit nie weer kan vorm nie, waaroor boere nie uitgepraat kan raak nie. Verust is die antwoord vir enige boer om roes in sy spore te stuit of dit nou oud of nuut is, want met sy nanovesels wat die staal binnedring en alle los roes terugbind en roesvry maak, word die staal geherkonstruktureer.

Maak nie saak hoe klein of hoe groot, hoe maklik of hoe ingewikkeld jou verftaak is nie – Vermillian se vriendelike kundiges is altyd oorgehaal om jou net die beste raad en produkte te bied.

  • Swart Onderstel Verf vir voertuie. Alkyd Aluminium dakverf wat binnenshuise temperatuur met tot 10 grade Celsius kan laat daal. Dit het ook die eienskap om koue uit vloere te isoleer.
  • Water Dispelling Liquid, die unieke nanotegnologieproduk wat sout, kalk, suur, gips, alge, bakterieë en swamme in vloere, mure en damme neutraliseer om dit waterdig te maak. Die produk het homself al telkemale bewys waar higiëne belangrik is in kraamsale om die plek so steriel as moontlik te hou. Dit is ideaal vir varkkraamsale en hoenderhokke wat vinnig skoongespoel kan word om die vrektesyfer te verlaag en sodoende die boer meer geld in die bank verseker. Die produk is ideaal teen vrotpootjie by beeste. Die bakterieë kan nie houvas kry en in die substraat intrek om siektes te veroorsaak nie. Dit spuit vinnig en maklik skoon en is ideaal vir hoëdiensgebiede soos waar beeste gemelk word.
  • Maar Vermillian Verf bied nog meer: Benewens puik produkte wat sorgsaam en met die voorste kundigheid ontwikkel is om hulle werk perfek te doen, bied Vermillian Verf die boer ook ’n skatkis van kennis oor alle aspekte van verfwerk.

Hierdie kennis is by Vermillian Verf waar vriendelike en behulpsame kundiges gereed staan om jou net die beste diens te bied en alle vrae te beantwoord.

Hulle gebruik ook puik bekostigbare koeriers wat regoor die land kan aflewer om die produkte maklik bekombaar te maak. Maar daar is nog meer goeie nuus: As afstand of tyd jou verhoed om Vermillian se vriendelike en kundige persoonlike diens te benut, is daar nog steeds Vermillian se gebruikersvriendelike, gasvrye webwerf, www.vermillianpaint.com is logies en sinvol saamgestel om jou soos blits die antwoordeop al jou verfvrae en inligting oor Vermillian Verf se produkte te bied. Dis maklik en opwindend om op die webwerf rond te kuier en as jy op “Kontak ons” klik, kan jy vinnige terugvoer en bystand kry.

Net soos Vermillian Verf deurgaans navorsing en ontwikkeling doen om sy produkreeks nog verder uit te brei en te verbeter, word www.vermillianpaint.com ook deurgaans bygehou en opgradeer om dit immer bruikbaarder te maak.

Goeie nuus is dat Vemillian Verf binnekort ook in koöperasies beskikbaar sal wees. Maak nie saak waar jy boer of hoe groot of klein jou verfbehoefte is nie, Vermillian staan gereed om jou van die regte verf en raad te voorsien.

Skakel 078-782-5034 of 071-940-7500 of besoek bloot www.vermillianpaint.com om ’n nuwe wêreld van voortreflike verftegnologie te ontsluit. Klik op “kontak ons” op die webwerf vir vinnige terugvoer en bystand.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment