Categories: NewsPublished On: 13th July 2010

Verbeter jou boerdery met dié Bobaas Stikstofbron: N Gas™

By 3 min read

?     
N-GasTM (ook bekend as ammoniak of NH3) is die mees gekonsentreerde bron van stikstof (N) wat wêreldwyd reeds verskeie jare met groot sukses in die landbou as bemestingstof aangewend word.

In Suid-Afrika is Omnia Kuns­mis sedert 1967 die voorlopers met die ontwikkeling en doeltreffende toediening van hierdie produk, tot groot voordeel van die kliënt – wel, vir dié wat dit reeds gebruik.

Groter oeste en hoër gehalte is maar enkele van die voordele wat N-Gas gebrui­kers geniet.

Waar pas N-Gas™ in die stikstofprentjie?
 
Eienskappe van N-Gas™

  • Bevat 82% stikstof (N)
  • Word as vloeistof onder hoë druk in spesiale tenks geberg
  • Kookpunt is –33oC
  • Kleurloos
  • Skerp irriterende reuk (ruik by ’n konsentrasie van 0,005% in die lug)
  • Hoogs oplosbaar in water

Voordele van N-Gas™

  • Besparing aan vervoer (hoogs gekonsentreerde N-bron)
  • Minimale berging- en hanteringskoste
  • Omnia verskaf die toerus­ting en daarmee saam uitstekende diens ten opsigte van sake soos die herstel van toerusting, kalibrasie, ensovoorts.
  • Loging van stikstof word tot die minimum beperk (NH4  adsorbeer aan klei en organiese materiaal)
  • Presiese plasing van N (op die ry en op ’n diepte van 150 – 250 mm)
  • Die vog op bogenoemde diepte hou langer gedurende droogtetye, met die gevolg dat N oor ’n langer tydperk vir opname deur die plante beskikbaar is (plantvoedingstofopname benodig vog).
  • Skep ’n gunstige sone vir wortelontwikkeling. Feitlik alle mikrobes en aalwurm in die toedieningsone word gedood, waarna die guns­tige mikrobes en aalwurm vinniger herstel as die res.
  • Differensiële N-toediening word reeds gedoen
  • Die beskikbaarheid van fosfaat (P) word met tot 20% verhoog
  • N-Gas™ = Opbrengs en gehalte.

Toediening van N-Gas™

  • N-GasTM word met groot sukses voor plant of as topbemesting op die volgende gewasse gebruik: mielies, koring, sonne­blom, suikerriet, katoen, aartappels en ander groentesoorte, droëbone en weiding.
  • Kleipersentasie van grond is nie meer ’n probleem nie. Nuwe tegnologie maak doeltreffende toediening oor ’n wye spektrum van teksture moontlik.
  • Toediening kan met groot sukses voor plant geskied.
  • Die regte grondvogtoestande is baie belangrik: nie te nat nie, nie te droog nie, net reg! Soos ons ouer en wyser boere sê: As die planter loop, moet daar so ’n stoffetjie staan!
  •  Ideale toedieningsdiepte wissel tussen 150 en 250 mm (6 – 10 duim in die ou taal).
  • In droëlandtoestande geld ’n wagperiode van 5 dae voor die plantproses kan begin.
  • As topbemesting is toediening 45cm van die gewasry af veilig.
  • Die toediening en toerus­ting is baie aanpasbaar. Toedieningstenks kan ook op kliënte se toerus­ting aangebring word om bykomende bewerkings uit te skakel. Die basiese toedieningstoerusting sluit die toediener (opsioneel) toegerus met sy tenk en moedertenks in.
  • Puik opgeleide velddiensspanne verskaf opleiding aan plaaspersoneel, is behulpsaam met ombouing en instandhouding van toerusting en met kalibrasie.
  • Veiligheid en opleiding geniet die hoogste prioriteit. Toerusting word gereeld aan streng toetse onderwerp en as veilig gesertifiseer.

Met soveel uitstekende redes waarom u dié Bobaas Stikstofbron moet gebruik, waarom langer wag? Gee hom gas, Johanna: N-Gas™!
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0