Categories: NewsPublished On: 21st September 2011

Verandering van Grondwet fataal

By 1 min read
215 words

TLU SA het met skok kennis geneem van die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti, se standpunt dat die regering bereid is om die Grondwet te verander ter wille van grondhervorming.

Mnr Louis Meintjes, president van TLU SA, sê dat hier teenstrydige boodskappe uitgestuur word, maar uiteindelik met een sentrale uitkoms, naamlik die vervreemding van die boer van sy grond. Mnr Meintjes het verwys na die pas vrygestelde Groenskrif oor grond, waar verskeie prosesse nou aan die gang gesit is om die Groenskrif te bespreek en kommentaar te lewer. “As die regering dan in eie geledere besluit het om die Grondwet te verander, waarom is dit nodig om die Groenskrif te hanteer?” vra mnr Meintjes.

Hy het ook gewys op die gevaar dat die proses om eise op grond weer in te stel, gekoppel aan ‘n verandering van die Grondwet, daartoe kan lei dat enige onsinnige eis ingedien kan word.

Deur die Grondwet te verander om grondhervorming deur te druk, laat dit die deur oop dat enige vorm van eiendomsreg aangetas kan word. Dit sal die einde van die vryemarkstelsel wees en Suid-Afrika plaas op die pad na sosialisme in sy uiteindelike vorm, naamlik kommunisme, met al sy negatiewe gevolge waaronder voedseltekorte een van die eerste uitvloeisels sal wees.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0