Categories: NewsPublished On: 5th October 2011

Veldtog-begin-om-boere-te-“registreer”

By 1 min read
KwaZulu-Natal is die eerste van die nege provinsies in die land waar ‘n register van boere opgestel gaan word.
 
Deur van ‘n sensus-tipe opname gebruik te maak het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye met ‘n proses begin om boere in KwaZulu-Natal te besoek om inligting by hulle te bekom. Die Departement wil blykbaar ‘n sentrale databasis op die been bring om, so lui hulle verklaring, “die prestasie van die sektor akkuraat te meet en om ingeligte besluite te neem in terme van hulpbrontoekenning”.
 
‘n Span van agt verteenwoordigers van dié departement en 100 gekontrakteerde veldwerkers beoog om elke plaas besoek. 
 
Die boer sal dan inligting moet verskaf met betrekking tot eienaarskap, demografie, indiensneming, produksiekapasiteit en die tipe produkte wat hy lewer.
 
Die veldwerkers sal deur die plaaslike landbouvoorligters vergesel word en dié is blykbaar vertroud met die produsente.
 
Die Departement se direkteur-generaal, mnr Langa Zita het gesê die uitdagings wat die departement tans in die gesig staar is om herverdeling-, verblyfreg- en restitusie-teikens te haal.
 
Daarbenewens kan die ontwikkeling van swart boere nie behoorlik gemeet word as gevolg van ‘n gebrek aan statistiek oor hierdie boere nie.
 
Die Departement het in sy verklaring gesê dat die databasis kommunikasie met boere sal verbeter oor maatreëls wat gevolg kan word sou daar siektes uitbreek. Hule het gesê dat dit ook dan makliker sal gaan om die skade en koste (van rampe) op enige gegewe tyd te bepaal.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment