Categories: NewsPublished On: 10th January 2011

Veilige-veevervoer:-Nic-Sleepwaens-loop-los-voor

By 4 min read

Die perfek geskikte dierevervoermiddel tydens sondvloedtoestande was Noag se ark. As jy vandag ’n vrag waardevolle diere veilig en maklik wil vervoer, is jou antwoord volstrek die gedugte, veelsydige Nic-veesleepwa. 

Wil jy af en toe ’n tollie of twee of ’n paar sponskussings aanry, dan is ’n gewone sleepwa heeltemal geskik vir jou doel, maar as jy elke dag vragte vet vee ver oor moeilike paaie wil vervoer, het jy ’n professionele, gevorderde, duursame sleepwa nodig: ’n regte veesleepwa van Nic-sleepwaens. 

Noag sou sy hande saamgeslaan het oor die doelmatige manier waarop Nicsleepwaens diere vervoer. Vir die veelsydige boer, of die boer wat ook, soos dit ’n fatsoenlike mens betaam, soms vir sy buurman ’n aanrytaak verrig (natuurlik teen betaling), is daar die Nic-kombinasieveesleepwa wat 4 perde, 5 beeste, 50 skape of 25 varke kan vervoer – elke soort dier presies volgens sy eie aard en voorkeur. 

Nic-sleepwaens het natuurlik ook ander veesleepwaens van verskillende groottes en ontwerpe; elkeen perfek geskik vir die diere wat jy wil vervoer, soos ’n toegewyde bulsleepwa waarop jy vier bulle van 800 kg elk kan vervoer, elkeen in sy eie afskorting.

Die gerief en veiligheid van jou waardevolle diere is vir Nic-sleepwaens baie belangrik. Daarom word net die doeltreffendste glymatte (rubber of staal na jou keuse), hekke en hekknippe, tussenskotbalke en oploopblaaie gebruik.

Die tussenskotbalke (sprakke) kan jy van die veiligheid buite die wa op ’n aantal verskillende plekke deursteek om diere te hou presies waar jy hulle wil hê.

Nic-sleepwaens is van ronde pyp vervaardig, wat die moontlikheid van beserings drasties verminder omdat dit nie skerp hoeke het nie. Dit verminder ook windweerstand.
 
Nic-sleepwaens is so ontwerp dat diere nie kan uitspring of in die raamwerk kan vashaak nie en hulle gevorderde rubberveerstelsel skakel die oordrag van padvibrasie uit sodat diere kalmer en rustiger bly terwyl hulle vervoer word. Hierdie duursame veerstelsel sorg ook dat die swaartepunt teen enige belading presies reg bly om perfekte padhouvermoë te verseker. 
 
Nic-sleepwaens spog met die beste staal, die beste ontwerp, die beste veer-, rem- en ligtestelsels, die beste padhouvermoë en die langste lewe. Dit alles plaas Nic-sleepwaens in ’n klas van hulle eie – ligjare voor die res.
 
Dit is ook geen wonder dat ’n tweedehandse Nic-sleepwa altyd ’n besonder hoë inruilprys behaal nie.
 
Eienaars van Nic-sleepwaens verklaar dat hulle nog nooit ander sleepwaens teëgekom het wat so perfek gebalanseerd is en so sonder rondswaai sleep nie; dat hulle nog nooit sleepwaens met sulke sterk onderstelle en sulke uitmuntende veerstelsels gesien het nie; dat hulle nog nooit ander sleepwaens gesien het wat so eindeloos nuut bly nie; en dat sleepwasleep pure plesier is solank dit ’n Nic-sleepwa is wat jy sleep.
 
Maar Noag het nie net plaasvee gehad om op te laai nie, en ook hier sou Nic-sleepwaens so reg in sy smaak val. Nic-sleepwaens maak ook spesiale sleepwaens vir die vervoer van allerlei soorte wild – tot kameelperde, renosters en krokodille.
 
Die reeks van 147 modelle sluit in sleepwaens vir motors, vierwielmotorfietse, helikopters en brandbestryding. Daar is tenksleepwaens, platbaksleepwaens, enkel- en dubbelassleepwaens, klein-, middelslag en groot sleepwaens – en pasgemaakte sleepwaens spesiaal vir jou doel as daar nie een in die reeks is wat perfek aan jou behoeftes voldoen nie.
 
Maar daar hou die goeie nuus nie op nie: Daar is ’n agent van Nic-sleepwaens naby aan jou – ’n hele 114 van hulle regoor die land. Besoek www.nictrailers.co.za om te sien wie die naaste een is.
 
Vir die perfekte professionel sleepwa, praat vandag nog met Nic Sleepwaens se vriendelike mense by 018-673-0224 of 082-859-0904 of info@nictrailers.co.za. Dis wat Noag sou gedoen het as hy sy diere oor land moes vervoer.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0