Categories: Mechanisation, NewsPublished On: 19th June 2017

Veehantering sonder sukkel: Tal-Tec bly een stappie voor

By 2 min read
389 words
taltec

taltec 1

Pure plesier – dit is hoe boere hulle besoek aan Tal-Tec se uitstalling by NAMPO beskryf. Tal-Tec se indrukwekkende veehanteringstoerusting was mooi oor hulle hele staanplek versprei sodat daar genoeg beweegruimte was om elke ding van alle kante af te ondersoek, en die verkoopsmense met hulle helder kanariegeel baadjies was reg om enige besoeker van raad te bedien.

“NAMPO 2017 was een om te onthou. Alhoewel dit aanvanklik gevoel het of ons vanjaar minder besoekers aan die staanplek gehad en die skou stadig begin het, het die besoekersgetalle baie vinnig toegeneem. Die boere se gees was wonderlik en hulle koopvermoë is weer herstel. Die boere wat ons staanplek besoek het, het presies geweet wat hulle wou koop,” sê Tommie Geyser, verkoopsbestuurder by Tal-Tec.

Die drie wenner-produkte wat baie aftrek gekry het was:

Die nekklamp met hidrouliese silinder

Dié toestel wat heel laaste in ’n drukgang geïnstalleer word om ’n bees stewig vas te hou terwyl jy aan hom werk, word met die hand beheer. Dit word egter ondersteun deur ’n hidrouliese silinder wat feitlik geluidloos in enige posisie gesluit kan word.

Nek- en lyfklem met glyhek

Tal-Tec het aan alles gedink toe hulle hierdie stuk toerusting ontwerp het. Die nek, sowel as die hele lyf van die dier kan vasgeklem word en ’n skaal kan onderaan bygesit word. Nou kan jy op een slag die dier weeg, brandmerk, inent, sy hoewe knip, sy ore merk en enigiets anders wat moontlik gedoen moet word. Die dae van meer as een werkstasie is vir goed verby.

Mobiele spuitgang

“Dit is ons nuutste produk in die Tal-Tec-reeks. Met een mengsel kan jy 100 tot 120 diere dip en die tenk het ’n kapasiteit van 650 liter. As jy die tenk leeggemaak het, kan jy die spuitgang na enige plek op jou plaas sleep. Die dae waar jy jou beeste oor lang afstande moet verskuif om hulle te dip is nou iets van die verlede,” sê Tommie.

Om in pas te bly met die jongste veehanteringsontwikkelinge, skakel Tal-Tec by 012-250-2188 of stuur n e-pos na sales@taltec.co.za.

Hooffoto: Die Tal-Tec-verkoopspan by NAMPO was Greg Talbot, Johan Malan, Albert Weigelt, Ronell Talbot, Tommie Geyser, Edrich Geyser en Phia van Zyl.

Tal-Tec

Tal-Tec het hulle spuitgang
nou ook op wiele gesit sodat jy jou diere enige plek kan gaan dip. Dit is die jongste
toevoeging tot hulle nuutskeppende veehanteringstoerusting.

0
Views: 216Comments Off on Veehantering sonder sukkel: Tal-Tec bly een stappie voor

Deel hierdie artikel.

0