Veediefstal-steeds-‘n-ernstige-probleem
Die voorsitter van die Nasionale Veediestalforum, Maré, sê daar bestaan ‘n politieke wil om die probleem van veediefstal doeltreffend te bekamp.
Die Nasionale Veediefstalforum, waarop alle rolspelers in die rooivleisbedryf sowel as staatsdepartemente verteenwoordig is, het onlangs in Pretoria vergader. Tydens die vergadering het Jaco Maré, die voorsitter van die Nasionale Veediestalforum gesê hy is tevrede dat die provinsiale Veediefstalforums doeltreffend funksioneer.
Die veediestal statistiek vir die tydperk 1 April 2010 tot 31 Maart vir die afgelope vier jaar:
|
07/08
|
08/09
|
09/10
|
10/11
|
Beeste gesteel
|
60163
|
59432
|
61222
|
60600
|
Beeste gevind
|
24663
|
25461
|
24966
|
26458
|
Skape gesteel
|
78332
|
77472
|
90540
|
90017
|
Skape gevind
|
20209
|
17973
|
19355
|
18541
|
Bokke gesteel
|
35059
|
38927
|
36927
|
35995
|
Bokke gevind
|
11021
|
10576
|
10317
|
10078
|
In die tydperk 1 April 2010 tot 31 Maart 2011 het die diefstal van beeste gestabiliseer, terwyl terugvindings van beeste met 6 % toegeneem het. Skaapdiefstalle het ook dieselfde gebly, terwyl terugvindings met ongeveer 4 % gedaal het.
Die totale verliese weens veediefstal vir die tydperk 1 April 2010 tot 31 Maart 2011 was as volg:
Beeste
|
Gesteel
|
60 600
|
R 454 500 000
|
|
Teruggevind
|
26 458
|
R 198 435 000
|
|
Verlies
|
34 142
|
R 256 065 000
|
Skape
|
Gesteel
|
90 017
|
R 108 020 400
|
|
Teruggevind
|
18 541
|
R 22 249 200
|
|
Verliese
|
71 476
|
R 85 771 200
|
Bokke
|
Gesteel
|
35 995
|
R 50 393 000
|
|
Teruggevind
|
10 078
|
R 14 109 200
|
|
Verliese
|
25 917
|
R 36 283 800
|
Beeste R7 500-00 per eenheid, Skape R1 200-00 per eenheid, Bokke R1 400-00 per eenheid
Daar is tans 81 veediefstaleenhede landwyd en die forum het met dank kennis geneem dat begrotings goedgekeur is met kapasiteit om die veediefstaleenhede gedurende 2012 uit te brei. Die verdeeling van die veediefstaleenhede landwyd is as volg:
Provinsie
|
Aantal eenhede
|
Oos Kaap
|
18
|
Wes Kaap
|
4
|
Vrystaat
|
11
|
Noord Kaap
|
7
|
Limpopo
|
8
|
Noord Wes
|
7
|
Gauteng
|
2
|
Mpumalanga
|
8
|
KwaZulu-Natal
|
16
|
Total
|
81
|
Die Nasionale Veediefstalforum verwelkom die feit dat veediestaleenhede forensiese toerusting ontvang het en dat veediefstaleenhede van nou af slegs veediefstalsake sal ondersoek. Verder sal veediefstal speurders net fokus op ondersoeke. Die feit dat alle veediefstal sake van nou af deur die eenhede ondersoek sal word, ongeag die hoeveelheid diere wat gesteel is, word ook verwelkom.
Geakrediteerde aanklaers
Die Nasionale Veediefstalforum is in die proses om die Nasionale en Provinsiale Openbare Vervolgingsgesag te versoek om ervare/bekwame aanklaers aan te stel om veediefstalsake te hanteer.
Skutwet
Die Nasionale Skutwet is by die regsadviseurs van die Department. Sodra dit gefinaliseer is sal dit deurgegee word vir kommentaar. Intussen het verskeie van die provinsies goed gevorder om Provinsiale Skutwette te finaliseer.
Wet op die identifikasie van diere, Wet 6 van 2006
Die Nasionale Veediefstalforum het die Registrateur van Vee-identifikasie versoek om donkies te verklaar as diere vir die doeleindes om binne die Diere-indentifikasiewet die merk van donkies verpligtend te maak.
SAFLA (agente) en die Rooivleis Abbatoirvereniging is weer eens versoek om nie enige vee te ontvang tensy dit behoorlik gemerk is nie.
Veewaardes
Die Nasionale Veediefstalforum het besluit dat die veewaardes vir veediestaldoeleindes as volg aangepas moet word:
- Beeste – Was R8,000 nou R10,400
- Skape – Was R1,300 nou R1,700
- Bokke – Was R1,500 nou R1,950
- Perde – Was R2,700 nou R3,500
- Donkies – Was R500 nou R650
- Varke en Volstruise sal nog gefinaliseer word (30 % verhoging word aanbeveel)
Lesotho weidingspermitte
Die regsgeldigheid van die Lesotho weidingspermitte is reeds met die Parlementêre Portefeuljekomitee van Landbou bespreek. Verdere gesprekke met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sal plaasvind.