Categories: NewsPublished On: 7th July 2011

Veeboere-uitgenooi-na-boeredag-op-Cullinan

By 1 min read
Die Rooivleisprodusente-organisasie en TLU SA se Cullinan Boere-unie bied binnekort ‘n lekker leersame boeredag vir veeboere aan. 
 
Bedryfsake wat vir elke boer belangrik is, en waarmee boere daagliks te doen kry sal aandag geniet. Veediefstal, parasietbeheer, kuddebestuur en die
rooivleiswaardeketting is van die sake wat in oënskou geneem sal word.
 
Kol Johan Scott van die Nasionale Veediefstaleenheid sal gesels oor algemene veediefstaltendense. 
 
Pierre van Niekerk gaan parasietbeheer aanspreek en Izak du Plessis gaan gesels
oor presisieboerdery. 
 
Prof André Jooste gaan praat oor hoe die rooivleiswaardeketting tans en in die toekoms gaan lyk.
 
Hou dus Woensdag 27 Julie oop vir die rooivleisboeredag by die Cullinan Boere-unie-terrein. Dit beloof om die moeite werd te wees.
 
Registrasie begin om 08h30. ‘n Ligte middagete sal ook aangebied word.
 
Daar is geen registrasiegeld betaalbaar nie maar belangstellende boere word versoek om betyds te bespreek aangesien slegs 100 persone geakkommodeer kan word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0