Categories: Artikels, Gewasproduksie, HulpbronbestuurPublished On: 12th March 2020

Vat jou risiko’s vas met Ferox se hulp

By 3 min read
590 words

ferox 1

’n Bekende uitvanggrappie lui só: Piet se pa het twee kinders, hulle name is Vinkel en … ? Die antwoord is natuurlik Piet en nie Koljander soos mense vinnig sê nie. Die werklikheid is egter bietjie anders, veral wanneer dit by boedels kom. Dan is Piet se pa se kinders se name Vinkel, Piet en SARS!

Johan Britz van Ferox, ’n finansiële dienste-maatskappy, sê boere maak baie somme om produksie te beplan, maar hulle moet ook seker maak dat SARS nie hulle grootste erfgenaam word as gevolg van ’n gebrek aan boedelbeplanning nie.

Vir enige boedel van meer as R3,5-miljoen is daar boedelbelasting betaalbaar op 20% van die waarde meer as die R3,5-miljoen. Wat dikwels gebeur, is dat daar nie genoeg voorsiening gemaak word vir kontant in die boedel nie, wat beteken dat van die bates verkoop moet word om die boedelbelasting te dek. Dit kan ’n invloed op die produksievermoë en winsgewendheid van die boerdery hê.

Ferox kan boere help om hulle ondernemings en boedelbeplanning so te struktureer dat dit die pad vir die nageslag gelyk maak.

“Baie boere wil weet waarin moet hulle bates gehou word – in ’n trust, ’n maatskappy, hulle eie naam of dalk die kinders se name. Daar is nie net een antwoord nie, want elke plaas of boerdery het sy eie omstandighede en behoeftes. Ons kyk na die totale prentjie om ’n boer te help om die regte keuse te maak,” sê Johan.

Monique Rautenbach en Johan Britz van Ferox het hulle dienste aan boere by Undercover Farming bekendgestel en baie belangstelling uitgelok omdat hulle werklik oplossings bied.

Ook wat versekering betref, is daar nie net een antwoord nie. Ferox het toegang tot die versekeringspakkette van al die groot versekeringsmaatskappye wat landbou-afdelings of –pakkette het.

Johan sê: “Dikwels kyk boere vas  teen oesversekering vir byvoorbeeld die mielies op die land, terwyl sy groter risiko in sy vaste bates lê, soos die geboue, voertuie en skure waarin die mielies gebêre word.”

Daar is baie dinge wat op die plaas verkeerd kan loop, soos ’n skuur vol toerusting wat afbrand, Piet wat met die trekker in ’n sloot inry en selfs die plaasbakkie wat gesteel kan word. Ferox se span kundige konsultante kan ’n boer help om al sy omstandighede te ontleed en sy risiko’s op ’n ranglys te plaas, sodat hy binne sy begroting die beste dekking kan geniet.

Johan sê baie nuwe boere, opkomende boere en selfs boere wat ’n slegte seisoen gehad het, dink versekering is te duur of nie belangrik nie. Daar is egter bekostigbare opsies beskikbaar wat ’n boer juis kan help om staande te bly as dinge verkeerd loop in moeilike tye.

Nog ’n afdeling waarin Ferox spesialiseer, is voorsorg vir werkers. ’n Boer en sy werkers staan in ’n besonderse verhouding en daar is pensioenfondse beskikbaar wat spesiaal voorsiening maak vir werkers. Ferox kan boere ook bystaan met beleggingsadvies, asook om voorsiening te maak vir hulle eie aftrede. Johan sê ’n boer hoef homself nie dood te werk nie, hy kan eerder slim werk met sy geld en ook sy gryshaarjare geniet!

Ferox se kantoor is in Krugersdorp geleë, maar die span bedien boere landwyd. Johan sê hulle het finansiële modelle beskikbaar wat ’n boer kan invul om sommer dadelik vir die kundige raadgewer ’n prentjie te skets van wat die vernaamste behoeftes is en wat die boer se besondere omstandighede is.

By Ferox gaan dit oor kundigheid, raad en begrip. Kontak Ferox by 011-953-4152 of stuur ’n e-pos aan johanb@ferox.co.za.

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0