Categories: NewsPublished On: 28th April 2011

Varsprodukte:-Red-die-wêreld-met-volhoubaarheid

By 4 min read
719 words

Produksieruimte, vars drinkwater en energiebronne word wêreldwyd al hoe skaarser, maar mense wat wil eet en drink – en die afval waarmee hulle die aarde belas – word al hoe meer.

Die druk op ons voedselproduksiestelsels word groter. Grond word toenemend uitgeput, en boonop voer ons die meeste van die voedingstowwe wat ons met gewasproduksie uit die grond onttrek na ander lande uit ter wille van hoër winste.

In Suid-Afrika is selfs boere self ‘n kwynende hulpbron. Drukfaktore soos streng internasionale markregulasies, gesubsidieerde mededingers, gebrek aan staatsteun en prysstygings van elektrisiteit, brandstof en ander landbou-insette, dwing heelwat boere uit die bedryf.

Maar daar is darem goeie nuus: Daar is ‘n uitweg! Ons kan die produksie en verspreiding van varsprodukte verbeter. ‘n Enkele tamatie of aartappel kan nie die 6,7-biljoen mense wat tans op die aarde leef voed nie; ook nie die 9-biljoen mense wat na verwagting die aarde teen 2050 sal bewoon nie.

‘n Enkele tamatie of aartappel kan ook nie ‘n groeiende ekonomie aanhelp of ‘n ontwikkelde, gesonde ekonomie onderhou nie.

Om elke mond op aarde te voed en wins te maak waarmee ander menslike behoeftes bevredig kan word, moet ‘n “s” by hierdie groente gevoeg word om dit tamaties en aartappels te maak. Volhoubaarheid of volhoubare ontwikkeling is die grondslag wat die voortgesette produksie en verspreiding van hierdie gewasse moontlik maak.

Reeds in 1987 het die Wêreldkommissie vir Omgewing en Ontwikkeling volhoubaarheid omskryf as voldoening aan huidige behoeftes sonder benadeling van toekomstige geslagte se vermoë om aan hulle eie behoeftes te voldoen.

In ‘n wêreld met beperkte natuurlike reserwes soos water, grond en lug, beteken dit dat ons stelsels in werking moet stel wat nie net daardie reserwes verantwoordelik benut nie, maar ook op so ‘n manier dat alles wat onttrek word, teruggeplaas word vir toekomstige gebruik.

Die voedselstelsel vereis ‘n verantwoordelike kringloop om hulpbronne binne die stelsel te hou. Op die oomblik word hulpbronne van een streek na ‘n ander uitgevoer, sodat die onttrekte hulpbronne vir toekomstige produksie verlore gaan.

Hierdie toestand kan verander word as boere hulle produkte eerder aan plaaslike markte lewer. Michael Cordes, kenner van die varsproduktebedryf, sê boere moet nie die potensiaal van plaaslike markte onderskat nie.

As boere ‘n beduidende deel van hulle opbrengs aan dié markte toewys, goeie betrekking met markagente opbou en die markte deurgaans van hoë gehalte produkte voorsien, kan ‘n winsgewende gemiddelde seisoensprys behaal word wat sowel boer as mark tot voordeel strek.

Michael glo dat ons ter wille van volhoubaarheid ons plaaslike varsmarkte sentrums van uitmuntendheid moet maak, al sal dit ‘n tydsame proses wees. Die kern van die saak is dat boere die wêreld moet voed en sommige van die huidige stelsels doen dit nie.

Kom praat saam met Michael by die allFresh! 2011-konferensie by Sun City op 26 en 27 Oktober 2011. allFresh is ‘n tweedagkonferensie met algemene en sektorspesifieke sessies, wat deelname deur paneelbesprekings en bykomende werksessies bevorder.

Daar is ook uitstallings wat konferensiegangers in staat stel om die jongste ontwikkelinge in die bedryf te demonstreer of te ervaar.

Dit kos net R3 500 (afslag vir studente) om die konferensie by te woon. Kry meer inligting oor borgskappakette, registrasie, die expo en nuwe verwikkelinge by www.allfresh.co.za.

Om ‘n maandelikse nuusbrief met vars inligting oor allFresh! 2001 te ontvang, kontak Carien by Carien@buzztzn.co.za of 083-630-3607.

Nog stories oor AllFresh!:

Kollig op die uitvoer van vars produkte
Die uitvoer van groente en vrugte is een van die belangrike onderwerpe wat op die allFresh!-konferensie op 26 en 27 Oktober by Sun City bespreek gaan word. Stuart Symington, die Uitvoerende Hoof van die Fresh Produce Exporter’s Forum, is die seremoniemeester vir allFresh! 2011.
Boer volhoubaar met groente en vrugte
allFresh! is Suid Afrika se twee-dag varsprodukte konferensie met algemene en bedryfspesifieke sessies, ‘n bedryfsgeoriënteerde ekspo wat die nuutste ontwikkelings bekendstel, en geleenthede vir borgskappe. Hierdie jaar vind die konferensie plaas by Sun City op 26 en 27 Oktober.
Volhoubaarheid versterk boere
Volhoubaarheid is nie een of ander beperkende voorwaarde vir die varsproduktebedryf nie. Dit moet eerder as ‘n wapen in die hand beskou word. By die jaarlikse allFresh!-konferensie

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0