Categories: NewsPublished On: 13th February 2012

Vang-heeldag-son-vir-krag

By 3 min read
600 words

Die groot ding van die aarde is dat hy rond is. Dan draai hy ook nog in die rondte en hy hang effens skeef. Hoewel die draaiende bal darem nie tot gevolg het, soos mense aanvanklik gevrees het, dat hulle sal afval nie, het dit wel tot gevolg dat sonstrale nie die aarde deurgaans teen dieselfde hoek bereik nie.

Boere werk hard daaraan om optimale opbrengs te kry van alles wat hulle produseer, of dit nou mielies in tonnemaat of uitslaggewig van beeste is. Dit maak dus sin dat boere wat al meer van sonkrag gebruik begin maak vir hulle energiebehoeftes, op soek sal wees na stelsels wat die son se strale ten beste kan benut.

Netshield is ʼn Suid-Afrikaanse maatskappy wat boere kan help om sonkrag doeltreffend te oes. Hulle verskaf nie net sonpanele nie, maar ook ’n stelsel wat die panele outomaties op ’n dubbelas kan laat draai om die sonstrale heeldag teen die beste hoek te vang. Van vroegoggend tot laatmiddag, in die somer en in die winter, sorg die NPVT5 vir optimale produksie. En as die son agter die wolke verdwyn, kan Netshield ook help om windkrag te oes!

Inus Dreckmeyr van Netshield sê Suid-Afrika kry meer as 2 500 uur son per jaar, waarvan die sonstralingseffek meer as dubbel as die van Europa is. “Dit maak van Suid-Afrika ʼn uitstekende gebied vir die oprigting van indiwiduele sonenergie-aanlegte.”

Netshield kan boere help om stelsels op te rig wat elkeen se sak en behoeftes pas.

Inus se: “Dit is moontlik om totale elektrisiteitskoste te verminder en om selfs in
sommige gevalle heeltemal onafhanklik te word van krag wat voorsien word deur die verbranding van steenkool. Die energie verkrygbaar van natuurlike bronne is in oorvloed beskikbaar en gratis en daarby is so ’n stelsel besoedelingsvry.”

Deur Netshield se NPVT5-sonvolgstelsel win die sonpanele tot 45% meer krag in. Die opsionele oprigting van windturbines wat om hulle eie as draai, verskaf geruislose energie op die dae wanneer die son nie skyn nie, maar die wind wel
waai.

Verder is daar die moontlikheid om die hele aanleg op ’n afstand dop te hou en te bestuur. ’n Kragopwekker kan byvoorbeeld outomaties aangeskakel word,
selfs al is daar niemand by die aanleg nie. Sonpanele kan ook deur afstandbeheer
geposisioneer word. Die afstandbeheergeskied deur ’n teksboodskap per selfoon. Op dieselfde manier kan ’n boer ook boodskappe ontvang om te sien
hoeveel elektrisiteit beskikbaar is en hoeveel verbruik word.

Netshield het vakkundiges wat ’n volledige energiebeplanningsdiens kan lewer om uiteindelik die totale elektrisiteitskoste te verlaag. Dit sluit in die evaluasie van terreine, berekening van energiebehoeftes, uitvoerbaarheidstudies, stelselvoorstelling en kosteberaming.“Ons stelsel is nie net ʼn produk nie;
ons bied ’n volledige diens aan,” sê Inus.

Deel van die dienspakket is die moontlikheid om die stelsels deur middel van elektroniese kameras (webcams) en elektroniese kommunikasie te moniteer. Die sonpanele word dus 24/7 dopgehou en elektronies beheer om te verseker dat daar maksimum krag geproduseer word en dat die stelsel werk. Dit is veral baie handig
waar stelsels in afgelee gebiede opgerig word.

Met die ontwikkeling en toenemende beskikbaarheid van hernubare energietegnologie, raak dit al makliker vir boere om verskillende bronne van energie in te span en om die sekerheid van konstante, stabiele kragvoorsiening te beleef.

Soos met enige produksie, is daar aanvanklike insetkoste, maar die beste van alles is dat daar nie elke jaar stygende koste is nie, want son en wind is gratis!

Vir enige verdere navrae skakel Inus Dreckmeyr by 086-111-4428 of stuur ’n e-pos aan marketing@netshieldsa.com.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0