Categories: NewsPublished On: 8th July 2010

Valtrac-tref-die-kol-met-mis

By 3 min read
477 words

Groot geld lê in elke melkery en voerkraal se mishoop of flodderdam in die vorm van goeie, gesonde, heilsame, doeltreffende, natuurlike bemesting.

Veral die stygende kuns­mis­pryse dwing baie boere se oë na die goeie ou mishoop vir bemesting, maar om daardie mis flink en eweredig oor die land te versprei kan nogal ’n probleem wees.

Gelukkig kom Valtrac, die maatskappy wat bekend is vir sy wenoplossings vir die boer se tegnologiebehoeftes, al weer tot die redding met sy doeltreffende Jeantil-misstrooiers en -flodderwaens wat mishantering ’n plesier maak.

Daarvan getuig Theunis Human van Riviersonderend, wat met Valtrac se toerusting sommer ’n misstrooidiensverskaffer vir boere geword het. Hy het eers ander misstrooiers probeer, maar hulle het gou-gou gestuit teen die Overberg se klipwêreld, waar dit onmoontlik is om vooraf elke klip uit jou mis te haal.

Misstrooier

Maar Valtrac se Jeantil is kennelik in ’n ander klas. En soos hy die Overberg se klippe hanteer, kan ’n mens net dink hoe onvernietigbaar hy in kliplose streke sal wees.

Theunis se EV R14.12-model­le hou 14 kubieke meter mis wat 18 ton weeg. Die strooier werk só:

• ’n Ketting onder in sy pens voer die mis teen enigeen van vyf spoedverstellings na die misstrooier se agterkant.

• Agter het die misstrooier ’n hek wat hidroulies oplig so hoog as wat jy wil.

• As jy die hek lig, dwing die ketting die mis na twee spiraalrollers wat die mis boontoe voer en met spesiaal ontwerpte werpers uitskiet om dit wyd en egalig oor die land te versprei.

Nie eers ’n politieke toespraak kan soveel mis so deeglik kwytraak nie.

Flodderwa

Maar wat gemaak met die Suid-Kaap se melkplase wat elkeen ’n misdam het? Sodra hierdie misflodder op die boer se lande of weiding beland, word dit ’n waardevolle bate.

Dis hier waar Theunis Human se Jeantil-flodderwaens die boer ook deeglik dien.

Jeantil-flodderwaens is te kry in groottes van 4 500 tot 24 000 liter, maar Thys het die model van 12 500 liter met sy dubbelas en onaf­hanklike gegalvaniseerde onderstel gekies.

Die floddertenk suig sy ruim pens binne 4 tot 5 minute vol mismodder, waarna hy dit flink en egalig op die land toedien.

Vir sagter grond kan jy jou flodderwa met ’n flodder­toediener toerus wat die flodder met tande of skottelkouters in die grond plaas.

Maar dis nie net Valtrac se werktuie wat Theunis beïndruk nie – dis ook hulle kundigheid, hulle diens en hulle belangstelling in dit wat jy met hulle toerusting wil doen.

Valtrac verstaan die boer en sorg dat hulle ’n doeltreffende oplossing vir elke tegnologiebehoefte vind.

Vir meer inligting oor Valtrac se voortreflike trekkers, werktuie en diens, skakel Hennie du Toit by  056-817-7308 of besoek www.valtrac.co.za.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0