Categories: NewsPublished On: 28th June 2010

Valtrac se Tatu Marchesan PDCP geenbewerkingfynsaadplanter

By 2 min read
451 words

’n Toonbeeld van doeltreffende veelsydigheid – dit is Valtrac se geenbewerking-fynsaadplanter, die Tatu Marchesan PDCP, wat jou graan- en grasgewasse van die plantstadium af ’n voorsprong gee.

Valtrac se geenbewerkingplanters, soos die Tatu Cop Suprema-mielieplanter en PDCM-fynsaadplanter, is reeds op die boonste sport van gewildheid vanweë hulle ongeëwenaarde akkuraatheid, betroubaarheid en kostedoeltreffendheid.

Die PDCP-fynsaadplanter is ook ’n legende in eie reg. Hy is perfek vir die geenbewerkingvestiging van kleingraangewasse, maar ook vir die vestiging en hervestiging van weidingsgewasse.

Daarvan getuig die breë glimlagte van etlike vee- en melkboere in die omgewing van Kokstad, Underberg, Swartberg en die Natalse Middellande. Hulle gebruik dié planter om weidingsgewasse te vestig en hulle is hoogs ingenome met die
resultate.

Dis ook geen wonder nie, want as jy die PDCP-planter van naderby bekyk, sien jy dat alles aan hom ontwerp en vervaardig is om perfek te werk – in enige grondsoort en toestande.

Die eerste tree na sukses is die groot, gegroefde skottelkouters wat netjies en presies deur selfs die dikste laag plantreste sny tot presies die regte diepte in die grond, waar dit ’n smal skeurtjie losmaak vir die saad om perfek te ontkiem. Die planterraam loop hoog genoeg om oor enige hoeveelheid ou plantmateriaal te beweeg.

Daarna volg die kunsmis- en saad-kouters wat aan stewige parallelskakels gemonteer is om ’n eenvormige kunsmisplasing- en plantdiepte te verseker, selfs in ongelyke grond.

’n Korsbreekkouter sorg dat die kunsmis presies op die regte diepte geplaas word en ’n dubbelskyf-kouter verseker perfekte saadplasing.

Jy kan die druk, hoek en wydte van die toetrapwiele na jou omstandighede verstel om te verseker dat die saad elke keer die snoesigste saadbed het vir die beste ontkieming en groei.

Uitmeting van kunsmis en saad word maklik en presies vir jou behoefte verstel. Jy het nie eens gereedskap nodig daarvoor nie. Daar is ’n keuse van 43 kunsmis-verstellings en 23 saadverstellings. Awegare voer die kunsmis en saadvoer word beheer met gegroefde skroefrollers.

Jy kan jou PDCP-planter ook met uitmeters vir groot saad toerus en so van hom ’n drie- of vierry geenbewerkingmielieplanter (afhangende van die model) maak om mee mielies vir kuilvoer te plant. So doen Valtrac sy naam as die boer se voerbroer dubbel en dwars gestand.

’n Belangrike pluspunt is die feit dat die PDCP-planter die jaloerse diens en rotsvaste rugsteun van Valtrac geniet, wat beteken dat boere regoor die land sonder kommer volstoom aan die plant kan bly.

Vir meer inligting oor die Tatu Marchesan PDCP-geenbewerkingplanter – en oor Valtrac se ander boervriendelike produkte en diens – praat met Hennie du Toit by 056-817-7308 of  henniedut@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0