Categories: NewsPublished On: 2nd July 2010

Valtrac se kerwer maak koningskuilvoer

By 3 min read

Derduisende stuks vee regoor Suid-Afri­ka reken op goeie, gesonde kuilvoer om te presteer. Aangesien kuilvoer so voedsaam en smaaklik is en so lank gebêre kan word, is dit die perfekte manier om die vee- en melkboer se immer stygende voerrekening in toom te hou.

Kuilvoer speel ’n sleutelrol in die sukses van die Rhys Evans-groep se voerkrale naby Viljoenskroon.

Die boerdery se groot vertakkings is mielie-, sonneblom-, grondbone- en voergewas­produksie, ’n varkboerdery, ’n gondbonedopaanleg, ’n slagpale en een van die voorste Sussex-stoeterye in die land.

Alhoewel die voerkrale nie die boerdery se hoofvertakking is nie, word dit met presies dieselfde erns, omsigtigheid en professionaliteit aangepak.

Dit is die boerdery se beleid om die allerbeste toerusting vir elke taak te gebruik, vertel die hoofbestuurder, Arno Cronjé, en daarom gebruik hulle Valtrac se Nogueira Pecus II 9004 om hulle kuilvoer netjies, vinnig, bekostigbaar en sonder staantyd of sukkel te sny.

Arno-hulle plant voersorg­hum vir kuilvoer. Mielies maak wel beter kuilvoer, maar die voersorghum bied hulle meer opsies deurdat dit ook in enige stadium gesny of bewei kan word en selfs weer kan uitgroei vir winterweiding.

Voersorghum gee jou ook ’n langer snyvenster as mielies vir kuilvoer, maar Arno-hulle moet steeds blitsig sny en inkuil omdat die uitgebreide boerdery ’n baie besige program het.

Of jy voersorghum, mielies, napiergras of selfs suikerriet wil sny en kerf, die Pecus doen dit vinnig en perfek.

Vra maar vir Arno: hulle het eers met ander snyers ge­werk, maar afgesien daarvan dat die goed peperduur was, was die onderhoudskoste hoog, die staantyd baie en onderdele skaars.

Daarom was dit vir Arno skitterende nuus dat Valtrac die Pecus verskaf. Valtrac vat nie aan ’n produk wat hulle nie self deeglik getoets het nie en hulle deeglike diens is iets waaroor boere landwyd praat.

Van hierdie skitterdiens en begrip vir die boer se behoef­tes het Arno reeds aangename ondervinding met sy groeiende reeks Valtra-trekkers. Daarom het hy nie gehuiwer om Pecus-kuilvoerkerwers aan te skaf nie.

Sy besluit was in die kol. Die oudste van sy vier Pecusse werk nou al vier jaar foutloos en sy lemme is na vier seisoene vir die eerste keer vervang.

Sy snygrootte kan vir 5, 7, 10 en 14 mm verstel word, dis maklik om sy tien lemme te slyp, hy sny en voer plante netjies en sonder om ooit te verstop, hy is lig, maar baie stewig en hanteer maklik, jy kan kies of jy sy uitlaaigeut en -klap meganies of hidrou­lies wil beheer, hy is logies en sinvol ontwerp, hy laat jou nie in die steek nie en sy eienaarskap is maklik en goedkoop.

Arno gebruik tans eenry­snyers wat so 20 tot 30 ton kuilvoer per uur kan sny en kerf, maar hy beoog om tweerysnyers aan te koop wanneer die voerkrale uitbrei. Die tweery is geskik vir enige rywyde tussen 65 en 85 cm.

Maar die lekkerste bly die diens wat Valtrac boere enige plek in die land bied, selfs al besit jy net een Valtrac-produk. “Dis nie net praatjies nie,” sê Arno. “Valtrac se mense verstaan boerdery en dis ’n plesier om met hulle sake te doen.”

Valtrac bied ook allemintige groot kuilvoerkerwers en -waens vir boere wat grootskaals kuilvoer wil produseer.

Vir jou eie koningskuilvoer­kerwer en vir meer inligting oor Valtrac se wye reeks trekkers en ander landbouwerktuie, praat vandag nog met Hennie du Toit by 082-880-3412 of henniedut@valtrac.co.zaof besoek www.valtrac.co.za.

 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment