Categories: NewsPublished On: 9th July 2010

Valtra-werk-waar-gewone-trekkers-stuit

By 3 min read

So goed en gesond soos groente glo vir groeiende seuns is, so moordend is groenteproduksie op ’n trekker. Dis heeldag stop, wegtrek, draai, wip deur spilpuntspore, in moeilike plekke bykom en water en modder waar jy kyk – genoeg om ’n gewone trekker gillend die woestyn in te laat vlug.

Maar nie ’n Valtra nie, sê die broers, Rober en Sander Venema, wat in Tarlton se wêreld onder spilpunte en op droëland met groente, mielies en vleisbeeste boer.

Die broers het lank gesoek na trekkers wat hulle eie onstuitbare dryfkrag kan ewenaar – totdat hulle ’n Valtra-demonstrasie gesien en in 2000 hulle eerste eie Valtra aangeskaf het.

“Ons het ander trekkers ook,” sê Rober Venema, “maar Valtra is beslis die beste trekkers op die plaas.”

Volgens Rober is Valtra nie noodwendig wanneer jy hom koop die goedkoopste trekker op die mark nie, maar wanneer jy ondervind hoeveel meer en beter hy werk, hoeveel minder pro­bleme hy gee, hoeveel langer hy hou en hoeveel beter die diens is wat Wynn Dedwith en sy toegewyde span slimkoppe van Valtrac jou bied, dan is Valtra beslis die beste waarde wat jy vir geld kan kry.

Die twee jongste, en mees gevorderde, Valtra-trekkers wat tans hulle plek by die Venemas se Rosaly Boerdery volstaan, is ’n T120 en ’n T140.

Die T-reeks is Valtra se tweede-grootste reeks trekkers in die klas 102 tot 155 kW en hulle is bedoel vir groot boerderye wat sterk, veelsydige trekkers nodig het om harde werk te doen.

Na jou smaak

Een van Valtra se talle wenhoedanighede is dat jy ’n Valtra kan bestel wat presies aan jou besondere behoeftes voldoen. Die T-reeks is in drie kragoordrag- en hidrou­liese opsies beskikbaar: Die Classic, die HiTech en die Advance.

Rosaly Boerdery het vir hulle T120 en T140 die HiTech-opsie gekies, wat beteken dat hulle die volgende het: elektroniese ratbeheer, meganiesse hidroulika-beheer, 36 ratte vorentoe en 36 tru, elektrohidrouliese heen-en-trubeheer, outomatiese PowerShift-kragoordrag en ’n hidrouliese uitset van 73 liter per minuut.

“Die HiTech het alles wat ons nodig het,” verklaar Rober. “Hy het altyd presies die regte rat vir die werk wat jy wil doen, sy geveerde vooras stamp veel minder wanneer jy groente uit die land of reste na die beeste ry en die trekkers het al die krag wat ons nodig het vir grondvoorbereiding, grondgelykmaak, skraapwerk en sleepwatrek.”

Die trekkers het wêreldleier Sisu-enjins met deelstaafinspuiting vir die beste ontbranding, die doeltreffendste dieselbenutting en die laagste uitlaatgasbesoedeling.

Die T-reeks se kragbult (power bulge) beteken dat die enjin sy maksimum krag teen laer omwentelinge as die aangeslane spoed lewer. Dit verseker brandstofeko­nomie, minder geraas, minder ratverwisselings en verhoogde produktiwiteit.

Van die T-reeks se eienskap­pe wat hulle so gewild in die mark maak is:

  • Gerieflike, geveerde kajuit met goeie klankisolasie, lugreëling en elektries verstelbare truspieëls
  • TwinTrac Trurybeheer vir trutake soos kuilvoersny (sien ProAgri 99)
  • Kragaftakkerbeheer in agterste modderskerm sodat jy nie elke keer in die kajuit hoef te klouter nie
  • Kragvoelhidroulika
  • Fabriekgemonteerde voorste driepunthyser en kragaftakker

Alles in ag genome staan die Valtra geen aks terug vir enige ander trekker ter wêreld nie. En met Valtrac se immerdaar diens enige tyd en enige plek in die land, is Valtra die logiese keuse vir die boer wat ernstig is oor boerdery – vra maar die Venema-broers van Rosaly Boerdery.

Vir meer inligting, ook oor Valtrac se ander trekkers en voortreflike landbouwerktuie, skakel Hennie du Toit van Valtrac by (056) 817-7308 of besoek www.valtrac.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment