Categories: NewsPublished On: 10th August 2011

Valley-bly-die-boer-se-watermater

By 4 min read
695 words
Dié breë glimlag van ’n boer wat weet hy kan op Valley-doeltreffendheid en -betroubaarheid reken, behoort aan Kobus Botha van H&T Honiball Boerdery naby Bergville.
“Uit my ondervinding is Valley die beste spilpunt.” Dit is die onomwonde woorde van Kobus Botha van H&T Honiball Boerdery by Bergville aan die voet van die Drakensberge in Natal.
 
In hierdie familieboerdery doen elke broer en swaer sy deel. Saaiery is Kobus se deel en volgens hom kon Valley net so wel ook een van die familie gewees het, so belangrik en getrou is die rol wat die boerdery se spilpunte speel.
 
Een van die boerdery se nege spilpunte waaronder mielies, soja en koring geproduseer word, was van ’n ander soort, maar Kobus het hom al so ge-Valleyfiseer dat hy ook al die betroubaarheid vanself is.
 
Valleyfiseer? Dit is Valley se oplossing vir boere om gewone spilpunte tot Valley-gehalte op te gradeer. Valley maak regte Valley-motors en ratkaste en ander onderdele wat ook op gewone spilpunte pas sodat jy ’n spilpunt stuk vir stuk kan opgradeer totdat hy ’n trotse, doeltreffende Valley is.
 
H&T Honiball Boerdery se koring begin nou nog net opkom in hierdie sirkel, maar hulle weet al hulle kan op Valley reken vir die besproeiing wat ’n wenoes sal verseker.
Die nie-Valley se rubberkoppelings is al met Valley-koppelings vervang, net twee van sy ratkaste is nog nie Valley nie, sy sproeierpakket is met Valley vervang om hom meer doeltreffend te maak en sy beheerkas is ook al Valley.
 
En met elke stukkie Valleyfisering word die spilpunt beter, betroubaarder en doeltreffender. Met die volbloed-Valley-spilpunte ondervind Kobus geen probleme nie – net plesier en goeie diens.
 
Valley se struktuur is eenvoudiger maar baie sterker as sommige ander spilpunte s’n, sê Kobus. Terselfdertyd is dit ligter as ander spilpunte. Die boerdery het nog nie een Valley gehad wat omgeval het of ’n oorhang verloor het nie.
 
Hulle het wel ’n Valley-spilpunt wat kan swem, vertel Kobus! Dis ’n halfsirkel wat al twee keer in die dam ingeloop het, en dan elke keer ewe luiters weer teruggeloop het sonder die geringste skade.
 
Hy is so tevrede met sy Valleyspilpunte dat hy nie eers daaraan dink om ’n ander soort te oorweeg nie, sê Kobus, ook nie vir die nuwe sirkels wat hy besig is om uit te merk nie.
 
“Ek sien mos hoe ander boere met ander spilpunte spook.” Een buurman het ’n ander soort spilpunt waarvan twee torings nou al twee keer omgeval het. Ten einde raad het hy die regte ding gedoen: Valley se mense gebel. Die Saterdag het die torings geval en Maandag was die Valley-agent daar om die twee torings te Valleyfiseer. Daarmee is die omvallery op ’n einde.
 
Hierdie soort flink Valley-diens is baie belangrik vir die besproeiingsboer. Onderdele en diens moet altyd beskikbaar wees, want gesaaides kan nie wag vir water nie.
 
Aanvanklik het Valley se mense Kobus gehelp met die beplanning en uitmeet van nuwe sirkels, toevoerlyne en pompe, maar intussen het hy so gekonfyt geraak dat hy hierdie diens nie meer nodig het nie – hy doen dit nou self. Maar ’n boer wat vir die eerste keer spilpuntbesproeiing wil toepas, kan verseker wees dat Valley hom die regte kundige raad en hulp sal gee om ’n sukses te maak.
 
Vir Kobus is dit belangrik dat ’n spilpunt se struktuur stewig moet wees, aangesien hy 1 000 uur per jaar met sleepspilpunte besproei wat van die een sirkel na die ander verskuif moet word. Steeds toon daardie Valley-spilpunte geen teken van swik of inmekaarval nie.
 
Voorts is dit vir Kobus baie belangrik dat ’n spilpunt se elektronika en veiligheidsmeganismes perfek moet werk en betroubaar moet wees. Ook hier slaag Valley die toets loshande. 
 
As jy ook vooruit wil boer met besproeiing, praat met Gert van der Werff van Valley Besproeiing by 082-451-5055 of 011-814-4464 vir meer inligting en om te hoor waar jou naaste verskaffer is.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0