Uitslae-van-Thabazimbi-Brahmanveiling
‘n Goeie prys is op die Thabazimbi-skou vir dié bul van Hendrik Felix van Nylstroom behaal. Behata Brahmane van Groot Marico het hom aangekoop vir R95 000. Die afslaer, Marinus van Jaarsveld, het die veilingsuitslae bekend gemaak:
- Bulle: Duurste R 95 000 – gemiddeld R39 000
- Koeie: Duurste R31 000 – gemiddeld R 20 969
- Koei en kalf: Duurste R 15 000 – gemiddeld R 15 000
- Verse: Duurste R 33 000 – gemiddeld R 23 750
Die veiling het onder die beskerming van die Brahman Telersgenootskap plaasgevind. Marinus sê hulle het reeds begin beplan aan volgende jaar se veiling op die Limpopo Kampioenskap.