Categories: NewsPublished On: 30th June 2010

Uiteindelik: ’n bekostigbare, betroubare sonwaterverwarmer!

By 3 min read
518 words

Geniepsige elektrisiteitsrekeninge teister boere nou al jare lank en met Eskom se voorgestelde wilde tariefspronge lyk die toekoms vir die landbou bra duister.

Brandstofpryse styg ewe roekeloos sodat enjinaangedrewe kragopwekkers net as teenvoeter vir wisselvallige elektrisiteitsvoorsiening gebruik kan word en nie regtig ’n volledige alternatief bied nie. Son- en windkragopwekking is so duur om te installeer dat dit buite die meeste boere se bereik is.

Waterverwarming is een van die grootste elektrisiteitsvrate en synde ’n sindelike spesie kan die boer nie regtig sonder warm water klaarkom nie.

’n Mens kan wel ’n donkie bou, maar die stokery is ’n beslommernis wat nie altyd wanneer jy warm water nodig het moontlik is nie. Gas word ook al hoe duurder sodat gaswaterverwarming nie na ’n blywende oplossing lyk nie.

Tot nou toe het sonverwarmingstoestelle net goed gewerk wanneer die son skyn of ’n kort tydjie na sononder.

Goeie nuus!

Goeie nuus is dat Training Gate nou met die perfekte oplossing kom: die GPW-sonwaterverwarmer wat jou ononderbroke warm water bied teen ’n baie redelike koste.

Dié stelsel benut die mees gevorderde en doeltreffende tegnologie om die water selfs op bewolkte dae warm te maak en om dit die langste warm te hou – tot 72 uur!

Die son se warmte word doeltreffend deur vakuumbuise van boorsilikaatglas gevang en na die water ­oorgedra. Al die buise mond bo uit in ’n silinder van 200 liter, waarna die warm water styg. Die water sirkuleer voortdurend sodat die tenk vol warm water bly. Die tenk is so goed geïsoleer dat dit water maklik 72 uur lank warm hou teen ’n temperatuur tussen 55 tot 94 grade.

Die stelsel het ’n intelligente digitale beheerstelsel met ’n termostaat en elektries beheerde inlaatklep wat die waterinvloei beheer. Hierdie stelsel, en die stelsel se pomp wat 18 liter per minuut vir huishoudelike druk lewer, word vanaf ’n 12V-battery aangedryf wat deur ’n sonpaneel gelaai word.
Met ’n GPW-sonwaterverwarmer het jy altyd warm water. Elke GPW-sonwaterverwarmer het boonop ’n 1,5 kW-verhittingselement wat sal aanskakel as daar regtig iets verkeerd loop met die son. Hierdie element werk vanaf Eskom-
elektrisiteit of ’n kragopwekker, maar die GPW se sonverhitting is so doeltreffend dat hy baie, baie selde aanskakel.

Die GPW-sonwaterverwarmer kan alleenstaande gebruik word, of om ’n bestaande elektriese warmwatertoestel met reeds verhitte water te voer sodat jy altyd in alle weersomstandighede ’n groot hoeveelheid warm water het teen die laagste moontlike koste.

Training Gate waarborg die GPW-sonwaterverwarmer vir 5 jaar en die beste nuus is dat hierdie doeltreffende,
betroubare toestel jou nie ’n arm en ’n been kos soos sommige ander sonwaterverwarmers nie – en as jy sê dat jy dit in ProAgri gesien het, kry jy boonop R150 afslag!

Training Gate bied ook seta-gesertifiseerde opleiding aan loodgieters en basiese kursusse aan installeerders.

Praat vandag nog met Theunis Potgieter 083-500-8676 of Johan Samons 082-459-7332.
Moenie vergeet om te sê jy het dit in ProAgri gesien nie. Dit was nog nooit so lekker om in die warmwater te wees nie.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0