Categories: NewsPublished On: 2nd February 2011

Twee grotes vat hande

By 1 min read
172 words

Die landboumaatskappye, Senwes en MGK het ‘n ooreenkoms bereik wat onder andere aan Senwes beheer oor MGK se graanafdeling gaan gee.

Op sy beurt gaan MGK se besproeiingsbelange uitgebrei word deur die oorname van die Vaalharts handelstakbedrywighede. Die ooreenkoms is nog onderhewig aan goedkeuring deur die mededingingsowerhede. 

Mnr Francois Strydom, die besturende direkteur van Senwes sê die transaksie is van so ‘n aard dat beide partye se handelsmerke, infrastruktuur en klantebasis behoue sal bly. Die klante se dag-tot-dag-omgang met die maatskappye gaan dus nie verander nie, maar hulle sal wel voordeel kan trek uit ‘n meer volhoubare sakemodel.
 
Die MGK-groep gaan in die vervolg gesamentlik beheer word deur Senwes, MGK beherend (‘n maatskappy onder boerebeheer) en Intrax (‘n maatskappy onder beheer van MGK se personeel).
 
Mnr Ben Lombard, die besturende direkteur van MGK sê die maatskappy sal nou meer fokus op besproeiingsareas onder die gevstigde Obaro-, Allgro-, Temo- en SatusFin-handelsname en Senwes sal veral waarde aan droëland produsente verskaf. 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0