Categories: NewsPublished On: 31st May 2010

Troetel jou diere deur die winter met heerlike hooi

By 3 min read

Al Troetel-jou-diere-deur-die-winter-met-heerlike-hooi/p>

Dis net hier waar Valtrac, die boer se voerbroer, na vore tree met die beste snyers en kragharke om hooimaak pure plesier te maak. Valtrac is immers die tegnologieverskaffer wat die boer se saak verstaan en wat elke keer presies die regte oplossing vir Suid-Afrika se boere bied.

Valtrac se mense weet dat hooi op presies die regte groeistadium gesny moet word. Dit beteken dat jy nie tyd het om met sukkelsnyers te sloer nie. Daarom bied Valtrac die boer die ratse, flink, flukse Pöttinger Novacat, wat werklik ’n snyer in ’n klas van sy eie is.

Boere is verbaas om te sien hoe hierdie snyer onstuitbaar deur ’n land vol taai oulandsgras snel, elke stingel netjies afsny en elke halm herwin.

Jy kan sommer sien die Novacat is ’n sterk, stewige snyer wat in elke opsig spesiaal ontwerp en gemaak is om die boer die grootste doeltreffendheid vir die minste moeite te verseker.

Vanuit jou trekkerkajuit beheer jy sy lang disselboom om die snyer in die ry na enige plek links, regs of reg agter die trekker te laat loop. Die disselboom is ook so ontwerp dat jy baie knap kan krink, sodat jy meer tyd aan sny en minder aan heen-en-weer stoot kan bestee.

Al die snyer se hidrouliese pype is veilig in die disselboom versteek sodat niks los rondhang nie.

Die snyereenheid self is in die middel aan ’n portaalraam gemonteer, sodat dit genoeg kan beweeg om altyd oral perfek te sny, selfs oor ’n golwende grondoppervlakte.

Die middelmontering sorg ook dat die snyer nie heeltyd eenkant toe beur soos sommige gewone snyers die nuk het om te doen nie.

Die Novacat se swewende snystaaf sny skoon en netjies, en beweeg deur die materiaal sodat jy maar kan vetgee – hy sal nie verstop nie. Daartoe help ook die vaartbelynde vorm van die snyskywe en die oorvleuelende teendraailemme wat die perfekte snit verseker.

Die omdraaibare lemme is van die beste staal gemaak en word maklik en vinnig vervang.

Die snystaaf is modulêr ontwerp sodat jy nie ’n hoop ratte en tussenratte hoef uit te ryg om aan een eenheid te werk nie.

Die Eurocat se vingerkneuser kan van lig na aggressief verstel word om jou gewas te pas. Dit verseker vinniger uitdroging sodat jy gouer kan begin baal om die weerskade-risiko drasties te verminder. Dit sorg ook vir beter verteerbare, voedsamer voer en skakel die nodigheid van ’n omdraaiery vir belugting uit. Jy kan ook ’n wringkneuser kies.

’n Verdere bonus is dat jy ’n Novacat T-versamelaar kan aanbring wat jou die keuse gee om jou materiaal in enkelrye, as ’n wydverspreide kombers of in ’n los, lugtige, gekombineerde windry te plaas.

Die versamelaar se vervoerband word met ’n band vanaf sy eie hidrouliese pomp aangedryf.

Valtrac bied die boer ook ’n verskeidenheid Pöttinger-kragharke wat materiaal vinnig, netjies en skoon bymekaarhark sodat jy jou hooi gemaak kan hê voordat die reën kom.

Jou diere sal hierdie winter dankbaar wees as jy vandag nog met Hennie du Toit praat oor Valtrac-hooitoerusting. Sy nommer is 056-817-7308 en sy e-posadres henniedut@valtrac.co.za.

Gaan kyk sommer ook by www.valtrac.co.za na Valtrac se ander produkte wat die boer se lewe lekkerder maak.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0