Categories: NewsPublished On: 7th July 2010

Troef hoë insetkoste: Valtrac ontsluit ’n kosbare voerbron

By 3 min read

’n Blink toekoms wink vir die boer wat sy bates ten beste benut. Een so ’n belangrike bate is kuilvoer.

Kuilvoer kan van bykans enige gewas gemaak word. Buiten mielies, kan daar ook kuilvoer gemaak word van peulplante soos akkerbone, sojabone, lusern en kanola, grasagtige gewasse soos babala, graansorgum, gras, hawer, kikoejoe, raaigras, voersorghum en kleingraan, en selfs van sonneblom en aartappels.

Kuilvoer hou talle voordele vir die boer in: Dit kan gemaak word in die stadium wanneer die voedingswaarde van die gewas die hoogste is en minder voedingswaarde gaan verlore as met hooi­maak, dit is die beste manier om voedingswaarde van plantmateriaal te bewaar, dit het ’n hoë energie-inhoud, dit is goedkoop en beskikbaar in tye van voerskaarste, dit is die mees geskikte ruvoer vir melkerye en voer­krale, dit lewer meer voedingstowwe per hektaar en hoër diereproduksie per hektaar as ander soorte voerbewaring, dit brand nie, dit word nie gesteel nie en dit kan vir ’n onbeperkte tyd gebêre word sodat jy die voordeel van die vet jare in die maer jare kan benut.

Boonop is kuilvoerproduksie nie so uitgelewer aan weersomstandighede soos hooimaak nie.

Dis geen wonder dat tot weidingsgras ’n belangrike kuilvoergewas in Europa is nie.

Maar die beste nuus is dat Valtrac, die boer se toptegnologiemaatskappy, kuilvoermaak nou nog makliker en bekostigbaarder maak met die beste kuilvoertoerusting wat die wêreld kan bied.

Vir mielie- en voersorghumkuilvoer het Valtrac reeds die skittertoerusting waaroor in ProAgri 99 berig is (kyk www.proagri.co.za tik valtrac in die soekvenstertjie).

Vir die ander gewasse bied Valtrac die boer nou die wêreld se beste toerusting om een-twee-drie die beste kuilvoer op die mees ekono­miese manier te maak:

Stap 1: Perfekte snywerk met Pöttinger se Novadisc- en Novacat-tolsnyers in verskillende groottes en modelle wat voor, agter en skuins agter die trekker gemonteer kan word om ’n yslike baan op ’n slag te sny. Al Pöttinger se modelle loop los voor wat betref doeltreffendheid, betroubaarheid, snitgehalte en grondvolgvermoë. Aan die groter snyers kan vinger- of rollerkneusers gemonteer word.

Stap 2: Pöttinger se wye reeks kragharke met een, twee of vier rotors maak voorsiening vir almal van die kleinste boer tot die grootste kontrakteur. Elkeen van hulle is ’n toonbeeld van betroubare ingenieursvernuf om die volledigste, skoonste, netjiesste materiaalherwinning te verseker.

Stap 3: Die sleutel tot bekostigbare kuilvoer van die hoogste gehalte is Valtrac se Pöttinger-kuilvoerwaens met hulle ingeboude optellers, kerwers, laairotors en aflaaimeganisme.

Waar jy in gewone omstandighede ’n blaaskerwer en ’n aantal trekkers met sleepwaens nodig sou hê om kuilvoer te maak, gebruik jy net een trekker voor die Pöttinger-kuilvoerwa. Die wa tel die materiaal netjies en skoon op, kerf dit presies volgens jou en jou diere se smaak en stop dit styf in die sleepwa. By die kuilvoersloot laai die wa se kettingvloer en aflaairotors die materiaal vinnig en volledig af.

Praktiese toetse bewys:

’n Selfloopkerwer met sy blaser en trekkers met aanry­sleepwaens verg 5 wer­kers en 712 kW trekkerkrag teen­oor die Pöttinger-kuilvoer­wa se een man en 118 kW trekkerkrag.

Vir dieselfde hoeveelheid kuilvoer van dieselfde gehalte neem een Pöttinger-kuilvoerwa twee keer so lank, maar gebruik die helfte van die diesel, 80% minder mannekrag en 84% minder trekkerkrag.

Die Pöttinger-stelsel is in ’n verskeidenheid modelle wat van 35 tot 66 kubieke meter materiaal (21 ton) kan hou beskikbaar en word in Suid-Afrika gerugsteun deur die boer se staatmaker – Valtrac.

Vir meer inligting oor hierdie opwindende benutting van gewasse, praat met Hennie du Toit van Valtrac by 056-817-7308 of 082-880-3412 of Wynn Dedwith 082-554-9202.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0