Categories: NewsPublished On: 3rd August 2010

TREOC-Eiendomsbelegging-(deel-1):-Tradisionele-maniere-om-in-eiendom-te-belê

By 5 min read
1061 words

In die volgende paar weke gaan ons jou bekendstel aan die rewolusionêre Treoc-manier van belê in eiendom. Maar voor ons by die Treoc-manier kom, is dit belangrik om te verduidelik wat ’n tradisionele eiendombelegger is, en hoe so iemand in eiendom belê.

Wat is ’n koop-om-te-verhuur-belegger?

Die boek Rich Dad, Poor Dad, geskryf deur Robert Kiyosaki, is ’n baie goeie boek. Alhoewel die boek effe outyds is, kan die inligting van groot waarde vir die nuwe eiendombelegger wees. Die boek laat jou dink en dit is ’n noodsaaklike gedeelte van die proses. Robert Kiyosaki is sekerlik een van die bekendste gewone “koop-om-te-verhuur-beleggers” in die wêreld.

Al maak die Treoc-manier voorsiening vir ’n vorm van koop-om-te-verhuur, is dit nie ons hooffokus nie. Dit word slegs gebruik om inkomste te genereer wat onontbeerlik is vir finansieringsvereistes en later bied dit ’n uitstekende vervanging vir die nuttelose pensioenfondse van die finansiële industrie.

Die groot verskil tussen hoe ons in eiendom belê by TREOC en hoe die gewone koop-om-te-verhuur-belegger dit doen is dat dié belegger gewoonlik deposito’s betaal wanneer hulle eiendom koop. Die koop-om-te-verhuur-belegger betaal sekerlik in 99% van situasies altyd ’n deposito wanneer eiendom gekoop word. Oor die algemeen is die enigste tyd wanneer ons sal oorweeg om ’n deposito te betaal wanneer die bank daarop aandring, of wanneer ons eiendom in ’n nuwe ontwikkeling koop en die ontwikkelaar vereis ’n klein reserveringsdeposito om die eienom in ons naam te reserveer. Meeste koop-om-te-verhuur-beleggers wíl deposito’s betaal – en somtyds taamlike substansiële deposito’s – vir ’n ander rede. Hulle betaal deposito’s omdat hulle bang is vir die verbandtekort.

Wat is die Verbandtekort?

Die verbandtekort is die verskil tussen die maandelikse verbandpaaiement en die huurinkomste wat deur die huurder betaal word. Behalwe die verbandpaaiement, moet jy as eienaar steeds die heffings of die belasting op die eindom betaal en ook kapitaal beskikbaar hê indien daar vereis word dat jy instandhoudingswerk aan jou eiendomme moet doen. Kom ons maak die somme:

Verbandpaaiement        =    R6,000 per maand
Ander koste                     =    R   550 per maand
Totale uitgawes              =    R6,550 per maand
Minus: Huurinkomste    =    R4,500 per maand
Tekort                                =    R2,050 per maand               

Tradisionele koop-om-te-verhuur-beleggers verkies om ’n groot genoeg deposito te betaal sodat hulle nie ’n tekort sal hê wat gedek moet word nie. Dit wil sê hoe groter die deposito, hoe kleiner die tekort. Maar as jy aan die huidige mark met eiendomspryse teenoor huurpryse dink, is die huurpryse relatief laag en daarom sal jy ’n substansiële deposito moet betaal om te sorg dat jy nooit  inbetaal nie.

Verder dek die tradisionele eiendombelegger enige tekorte op sy eiendom uit sy persoonlike kontantvloei (maw uit sy eie sak).

Kan dié Tekort Gefinansier Word?

Ons is nie bang vir tekorte nie en daar is ’n rede daarvoor – ons finansier tekorte.  Jy sal ook sien dat die tekort tussen jou maandelikse verbandpaaiement en die huurinkomste elke jaar minder word omdat ons aanneem dat ons ’n verhoging in die huurinkomste jaarliks sal hê. Daarom sal jy na vyf of ses jaar nie meer hierdie tekort hê nie, en jou huurinkomste sal al die kostes dek.

Wat is ’n Eiendomspekulant?

Nog ’n tradisonele manier van eindombelegging is spekulasie. ’n Belegger sal ’n eiendom koop (moontlik van die plan af) en sodra die eiendom gebou is, voor oordrag en registrasie, sal die belegger die eiendom weer in die mark sit en dit verkoop met die hoop dat hy ’n wins sal maak. Dink só daaroor – as jy ’n eiendom van die plan af koop teen R500,000 dan sal die eindom sowat ’n jaar later wanneer die kompleks gebou is, moontlik  R600,000 werd wees. En as jy dié eiendom dan verkoop sal jy ’n wins van R100,000 maak. Jy moet nog ’n eiendom koop om dit weer volgende jaar te kan doen. Te danke aan eiendominflasie sal ’n soortgelyke eiendom nou R600,000 kos.

Die probleem met hierdie tipe belegging is dat jy jou geld slegs van een eiendom na ’n volgende rol. Verder kategoriseer die Ontvanger van Inkomste jou as ’n eiendomverkoper en sal jou dan teen die maksimum belasting belas. As jy ’n eiendomsagent gebruik het om die eindom te verkoop, sal jy ook kommissie aan die agent moet betaal. As jy al hierdie berekeninge begin maak, sal jy dalk vind dat die belasting en kostes soveel as 40% van die brutowins is wat jy gemaak het. Jou nettowins is dan slegs R60,000.

Hou in gedagte dat jy nou ’n handelaar is en as jy eiendom verkoop, sal jy dit onmiddellik moet vervang anders gaan jy niks hê om ’n jaar later te verkoop nie. En soos ons vroeër gesê het, sal jy nou teen die huidige markwaarde – R600,000 – moet koop. En as jy ’n jaar later verkoop teen R700,000 en die 40% belasting en ander kostes betaal, is jy twee jaar later in presies dieselfde finansiële posisie. ’n Spekulant rol eintlik net ’n sekere bedrag geld van die een transaksie na die volgende. Hierdie metode is belasting-onvriendelik en jy kom nêrens nie.

Dit is ’n illusie dat jy geldmaak omdat die koop- en verkooppunte baie ver van mekaar is. Die ontdekking van dié illusie jare gelede, is die ontdekking wat Coert se lewe, en die lewe van duisende mense wat hierdie seminare oor die jare bygewoon het, verander het. 

Vir meer inligting besoek http://www.treoc.com/partner-referral-TT01 of skakel Tinus Taute by 082 499 2171 of e-pos mptaute@gmail.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0