Categories: NewsPublished On: 10th January 2012

Trekkerverkope styg die hele jaar

By 1 min read

Trekkerverkope het  steeds in die laaste maand van  2011 gestyg. Volgens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerievereniging (SAAMA)  is daar in Desember  488 eenhede verkoop  teenoor die 381 wat in  Desember 2010 verkoop is. Dit is ‘n styging van 28%. Vir die 2011-kalenderjaar, is trekkerverkope van 7 379 eenhede, 43% meer as verkope in 2010. Stroperverkope van vier eenhede in Desember is aansienlik laer as die 14 eenhede wat verlede Desember verkoop is, maar vir die 2011-kalenderjaar is stroperverkope van 260 eenhede 38% meer as verkope in 2010.

Volgens mnr Lane Reynolds, voorsitter van SAAMA is daar steeds optimisme in die mark vir landboumasjinerie en dit word versterk deur goeie kommoditeitspryse. Volgens aanduidings sal huidige oespryse waarskynlik volgehou word, minstens totdat die oes van somergewasse vir die 2011/2012-somerseisoen begin. Volgens die aanvanklike “voorneme om te plant” behoort 10% meer mielies dié seisoen aangeplant te word. Dit kan verander na gelang van die  somerreënval in sekere gebiede.

Volgens ramings in die bedryf sal trekkerverkope vir die 2012-kalenderjaar sowat 6 500 tot 7 000 eenhede wees, tussen 5% en 10% laer as verkope in 2011.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0