Categories: NewsPublished On: 7th September 2011

Trekkerverkope brul voort

By 1 min read

Trekkerverkope van 642 eenhede in Augustus is byna 37% hoër as die 470 eenhede wat verlede Augustus verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 35% hoër as verkope vir die eerste agt maande verlede jaar.

Stroperverkope van 10 eenhede in Augustus is dieselfde as verlede Augustus. Vir die huidige jaar tot nou, is stroperverkope van 175 eenhede 17% hoër as verkope vir die eerste agt maande van verlede jaar.

Mnr Lane Reynolds van die Suid-Afrikaanse Masjinerie-vereniging (SAAME) sê vir die tiende opeenvolgende maand sedert verlede November, is trekkerverkope per maand hoër as die ooreenstemmende maand in die vorige jaar, wat die volgehoue optimisme in die mark vir landboumasjinerie weerspieël. Vooruitsigte vir kommoditeitspryse, veral mielies, lyk goed. Volgens aanduidings is plaaslike graanvoorraad aansienlik verlaag, hoofsaaklik deur groter uitvoere. Vooruitsigte vir die komende koringoes lyk ook goed.

In die bedryf is ramings vir trekkerverkope vir die 2011-kalenderjaar weer dié maand hoër aangepas, tot tussen 6 700 en 7 000 eenhede, ongeveer 30% tot 35% meer as verkope vir 2010.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0