Categories: NewsPublished On: 8th March 2011

Trekkers en stropers sit goed van die hand

By 1 min read

 Daar is 106 trekkers en 14 stropers meer verkoop in Februarie as in dieselfde maand verlede jaar. Die jaar tot datum-verkoopsyfer vir trekkerverkope is 15% hoër as vir die eerste twee maande van verlede jaar.  

Hierdie neiging weërspieel die optimisme wat daar tans in die mark bestaan.  

Dit bly ’n kopersmark sê meneer Lane Reynolds van die Suid-Afrikaanse Landboumasjienerie-assosiasie. Pryse vir toerusting reageer op die uitwerking van die sterk rand, sê hy. 
 
Die prys van mielies, sojabone en koring het die afgelope tyd verbeter en dit dra tot optimisme in die mark by.   
 
Bankfinansiering is makliker en boere benut die geleentheid om te belê in nuwe kapitaaltoerusting.
 
Volgens raming sal trekkerverkope vir  2011 sowat 5 000 tot 5 200 eenhede wees, soortgelyk aan verlede jaar s’n.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0