Tramirloc se ProTagTor sny veediefstal keelaf!
Diere hoort op die plaas en diewe hoort in die tronk. So glo Tramirloc se mense en daarom het hulle die ProTagTor-veediefstalvoorkomingstelsel ontwerp wat help om diere en diewe op hulle onderskeie plekke te hou – soos die ses veediewe wat nou agter tralies sit nadat hulle as gevolg van
ProTagTor op Tot Briers-Louw se plaas by Wellington vasgetrap is.
Hierdie stelsel het veediefstal op talle plase heeltmal stopgesit en talle boere in staat gestel om weer met vee te boer waar diefstal dit voorheen onmoontlik gemaak het.
Die stelsel werk só:
Merkertjies met batterye wat drie tot vyf jaar hou, word aan sommige van die diere in die trop se nekke gesit. Die merkers stuur seine na ’n sonkragaangedrewe basisveldstasie, wat op ’n paal op ’n strategiese plek aangebring is. Die basisveldstasie vertolk die bewegingspatrone van die diere met merkers. Sodra ’n dier met ’n merker skarrel, doelgerig in ’n koers begin beweeg soos een wat aangejaag word of doodstil bly lê, stuur die basisveldstasie vir die boer ’n selfoonteksboodskap met spesifieke inligting soos in watter kamp of trop die diere is wat versteur is. Die boodskap kan ook na verskeie selfone gestuur word.
Dit stel die boer en sy personeel of bure in staat om onmiddellik op te tree.
Die stelsel werk en dit is bekostigbaar en betroubaar – talle boere getuig dat dit veediefstal by hulle totaal gestuit het. (Lees in ProAgri 124 hoe boere van regoor die land vertel hoe Tramirloc diefstal op hulle plase hokgeslaan het.)
Die stelsel beskerm nie net jou vee nie, maar ook homself deur ’n waarskuwing uit te stuur sodra iemand aan hom probeer peuter. Jy kan ook ’n merker in jou voertuig, trekker of gereedskapkis sit om beheer daaroor uit te oefen.
ProTagTor bly altyd wakker. Daarvoor sorg Tramirloc met puik naverkoopdiens. Boere, soos Kobus Muller van Frankfort, bel spesiaal om te vertel hoe tevrede hulle met die diens is wat Tramirloc en sy agente, soos Desmund Schmidt, dag en nag bied.
So vas glo Tramirloc in sy produk dat alle elektronika (batterye ingesluit) vir ’n jaar gewaarborg word. As jy ’n ProTagTor-stelsel gekoop het en binne 30 dae besluit jy is nie tevrede nie, geld ’n geldterug waarborg (praat met jou agent vir meer inligting). Elke stelsel kom ook met ’n naverkoop-dienswaarborg, wat verseker dat jou ProTagTor immer op sy pos is.
Vir meer inligting oor Tramirloc se ProTagTor-diefstalvoorkomingstelsel, skakel 079-526-7232 of besoek www.protagtor.co.za. Tramirloc se mense sny veediefstal keelaf!