Categories: NewsPublished On: 4th October 2011

Toyota-vier-60-jaar-sedert-die-bekendstelling-van-die-heel-eerste-Land-Cruiser

By 3 min read

Die Land Cruiser se geskiedenis kan teruggevoer word tot die BJ-Jeep van 1951, ’n voertuig wat vir militêre gebruik uit ’n vragmotor ontwikkel is. Die BJ het homself bewys toe dit die eerste voertuig geword het wat tot by die sesde heuwel-stasie op Mount Fuji in Japan op ’n hoogte van 2 500 meter bo seespieël gery het.

Hierdie kordaatstuk het daartoe gelei dat die Japannese polisie die BJ in sy vloot opgeneem het, wat die begin van dié model se suksesstorie was. Die BJ is in 1955 met die 20-reeks aangevul, ’n model wat vir meer burgerlike doeleindes geskik was.

Die laestrek-ratkas is aanvanklik in die Land Cruiser 40-reeks in gebruik geneem en dit het die 20-reeks in 1960 vervang. Toyota het met die bekendstelling van die 40-reeks wêreldwye verkope van 50 000 eenhede bereik, maar niemand kon voorspel dat  die LC 40 ’n skrale vyf jaar later die 300 000-kerf verby sou steek nie.

Dit was die 40-reeks, en veral die Land Cruiser FJ-45, wat die handelsnaam in Suid-Afrika gevestig het.  Baie van die oorspronklike modelle wat plaaslik in 1971 bekend gestel is, word vandag nog by klubbyeenkomste en regoor Suider-Afrika aangetref.

Toyota het die 60-reeks in 1980 bekend gestel  en die 70-reeks modelle in 1984. Die 70 word vandag nog verkoop, wat dit een van die langsdurende modelreekse in die motorwêreld maak.

Die Land Cruiser 80-reeks is in 1990 en die Land Cruiser  90 in 1996 onthul. Die 90-reeks het later die Prado geword, en was die eerste Land Cruiser wat onafhanklike voorvering gehad het.

Die Land Cruiser 100 is in 1998 bekend gestel. Die 100 is na ’n dekade deur die Land Cruiser 200 vervang, wat steeds Toyota se plaaslike vlagskip en die gunsteling-voertuig in NAVO se vredesmagvloot is.

Lys van Land Cruiser-modelle wat in Suid-Afrika beskikbaar is:

Land Cruiser 78

Enjin: 1HZ: 6-silinder ingelid, 4,2 liter diesel, 12-klep-enkelbonokas, 96 kW @ 3 800 r/min, 285 @ 2 200 r/min

Unieke eienskap: toe kajuit met meer ruimte, wat dit ’n veelsydige mensedraer maak of waarin goedere veilig vervoer kan word. Word dikwels as veldambulans gebruik.

Prys: R459 800

Land Cruiser 79

Enjin: 1HZ: 6-silinder ingelid, 4,2 liter diesel, 12-klep-enkelbonokas, 96 kW @ 3 800 r/min, 285 @ 2 200 r/min

Of

1GR-FE: 4,0 V6 petrol-enjin, 24-klep-dubbelbonokas met VVTi, 170 kW @ 5 600 r/min, 360 Nm @ 3 800 r/min

Unieke eienskappe: Die Land Cruiser-bakkie is die geharde onvernietigbare keuse met die beste veldryvermoë in sy klas.

Prys: R382 800 – R408 600

Land Cruiser 76

Enjin:- 1HZ:, 6-silinder ingelid, 4,2 liter diesel, 12-klep-enkelbonokas, 96 kW @ 3 800 r/min, 285 @ 2 200 r/min

Unieke eienskap: grondvryhoogte van 230mm maak dit kinderspeletjies om tot 5 mense in veldrytoestande te vervoer.

Prys: R480 000

Land Cruiser FJ Cruiser

Enjin: -1GR-FE: 4,0 liter V6-petrol, 24-klep-dubbelbonokas met VVTi, 200 kW @ 5 600 r/min, 380 Nm @ 4 400 r/min

Unieke eienskap: Die FJ Cruiser pronk met unieke kantdeure met die skarniere aan die agterkant en wat soos hangkasdeure oopmaak, wat die FJ in ’n vierdeur-voertuig omskep, maar dit soos ’n tweedeur laat lyk.

Prys: R435 500 – R457 300

Land Cruiser Prado

Enjin:1KD-FTV: 4-silinder diesel van 3,0 liter, 16-klep-dubbelbonokas, 120 kW @ 3 400 r/min , 400 Nm @ 1600 – 2 800 r/min

en

1GR-FE: 4,0-liter V6-petrol, 24-klep-dubbelbonokas, 202 kW @ 5 600 r/min, 381 kW @ 4 400 r/min

Unieke eienskap: Veelterrein-stelling, monitor en stuurhoek-vertoon

Prys: R571 500 – R696 600

Land Cruiser 200

Enjin: 1VD-FTV: 4,5-liter V8-diesel, 32-klep-dubbelbonokas, 173 kW @ 3 200 r/min, 615 Nm @ 1 800 – 2 200 r/min

en

2UZ-FE: 4,7 liter V8-petrol, 32-klep-dubbelbonokas met VVTi, 202 kW @ 5 400 r/min, 410 kW @ 3 400 r/min

Unieke eienskap: Die Land Cruiser 200 is die vlagskip van die Land Cruiser- en Toyota-reeks en het die sterkste enjins in die Toyota-produkreeks.

Prys: R925 000 – R958 800

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment